Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 20

HANDIG & NUTTIG

Chommies Verstelbare Hondehalsband

Pretzel Fire Pit

Hierdie moderne vuurput is gemaak van 5mm staal en bestaan uit vyf dele wat vinnig aanmekaargesit en plat gestoor kan word. Perfek vir jou stoep of kampeerplekke. Die eenvoudige, plaaslik ontwerpte styl bring warmte en samesyn na jou buitelugruimte. Landwye aflewering beskikbaar.

Vanaf R 3 750 – pretzeldesigns. co. za

Helder, stylvol en vriendelik vir die planeet. Dié verstelbare halsband is gemaak van myceliumleer –’ n veganvriendelike materiaal van sampioene. Ideaal vir honde onder 50kg, met’ n soliede messingsluiter en die kenmerkende Chommies-etiket. Handgemaak in Kaapstad en verpak in’ n katoensak— perfek as’ n geskenk. Rond dit af met’ n bypassende leiband.

R 1 100 – chommies. com

20 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025