TULPIESKRAAL | JONGBOER WENNER
B-span beskryf het pa Bokkie se Boranstoet oorgeneem en uitgebrei tot die 200 diere wat hulle tans het. Die Boranne kom oorspronklik van Kenia maar hulle het al baie van hul eie teelmateriaal ontwikkel en behaal goeie pryse op plaaslike en internasionale veilings.
“ Ons het’ n groot en gewilde skietklub hier op Joubertina en die manne is gereeld daar vir kompetisies. Ons spesialiseer in veldskiet wat beteken jy skiet op teikens wat soos wild lyk eerder as bloot op afstand. Ons hou ook elke jaar’ n appelskietkompetisie wat groot pret is en dit alles op ons eie skietbaan wat een van die beste in die land is” vertel André.
Bo:’ n Imposante Boranbul wat krag en genetiese potensiaal weerspieël – kern tot die sukses van die stoet.
102 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025