Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 99
NUUS | BROKKIES
Jou plaas, jou storie, jou tyd om te skitter: TLU SA Jongboer van die Jaar 2025
TLU SA is weer opsoek na Suid-Afrika se top jong boer! As jy passievol is oor boer,’ n plan het vir die toekoms, en nie skrik vir’ n bietjie kompetisie nie, is hierdie jou kans om deel te neem aan die 2025 Jongboer van die Jaar-kompetisie. Dis nie sommer net vir die lekker nie – daar’ s groot pryse op die spel, insluitend’ n dubbelkajuit 4 × 4-bakkie én’ n internasionale landbou-ervaring wat jou horisonne behoorlik gaan verbreed.
WAT MAAK HIERDIE KOMPETISIE BESONDERS?
Die TLU SA Jongboerkompetisie is nie net‘ n titel nie – dit is‘ n platform waar jong boere se kennis, bestuursvernuf en passie vir die landboubedryf getoets word. Deelnemers word beoordeel op finansiële- en risikobestuur, infrastruktuur, meganisasie en