BROKKIES | NUUS
te verbeter en sal gebruik maak van die bestaande infrastruktuur en kundigheid van FruitFly Africa –’ n organisasie wat sedert 2001 aan die voorpunt van plaagmonitering en-beheer staan.
Vroeë opsporing is die sleutel tot sukses
Volgens Hortgro se Uitvoerende Direkteur, Anton Rabe, is proaktiewe plaagbestuur noodsaaklik om die bedryf volhoubaar en mededingend te hou.
“ Ons moet verstaan waar plae voorkom en waar nie, want dit bepaal ons strategie vir gewasbeskerming. Hoe gouer’ n indringerplaag opgespoor word, hoe beter kans het ons om dit te beheer – of selfs uit te roei – voordat dit’ n volskaalse probleem word. Dit gee ons ook die nodige tyd om doeltreffende bestuursplanne in plek te kry.”
’ n Gesamentlike poging om die vrugtebedryf te beskerm
FruitFly Africa het reeds’ n massiewe netwerk van meer as 6 000 moniteringslokvalle regoor Suid-Afrika se belangrikste sagtevrugteproduksiegebiede. Die Sentrum van Uitnemendheid gaan hierdie netwerk verder uitbrei en fokus op sleutelplae wat’ n ernstige bedreiging vir die appel-, peer- en steenvrugsektore inhou – en moontlik ook bessies, wyn- en tafeldruiwe kan affekteer.
Die inisiatief is gebou op vier pilare:
Vroeë waarskuwingstelsels – Die uitbreiding van die moniteringsnetwerk beteken dat nuwe plae vinniger opgespoor kan word. Dit help produsente om proaktiewe besluite te neem en voorkom groot ekonomiese skade.
Uitgebreide plaagmonitering – Daar is’ n spesiale fokus op hoërisiko-plae soos die stompkopkewer en suzuki-
APR | MEI 2025 GROND TOT MOND 47