Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 91

NUUS | BROKKIES

’ n Nuwe era in plaagbeheer vir boere

Die stryd teen indringerplae het pas’ n groot hupstoot gekry met die bekendstelling van die FruitFly Africa( FFA) Sentrum van Uitnemendheid vir Plaagmonitering. Hierdie baanbreker-inisiatief, deur die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryfsorganisasie Hortgro, is daarop gemik om die bedryf se toekoms te beskerm en produsente’ n voorsprong te gee in die voortdurende stryd teen skadelike plae.

Met die toenemende bedreiging van indringerplae soos die Oosterse vrugtevlieg, stompkopkewer( PSHB) en suzuki-asynvlieg( SWD), is dit nou belangriker as ooit om vinniger op te tree en slimmer bestuursmetodes te implementeer. Hierdie nuwe sentrum het ten doel om plaagopnames, vroeë opsporing en intervensiestrategieë

46 GROND TOT MOND APR | MEI 2025