Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 88

BROKKIES | NUUS

Monique Ruthenberg van CapeNature sê dit is bemoedigend om te sien hoe boere, organisasies en gemeenskappe saamwerk om iets betekenisvol aan te pak.

Benewens bewaringswerk boer baie Rooibosprodusente ook volhoubaar – met wisselbou, minder chemikalieë en gesonde grondbestuur. Sommige het reeds 500 hektaar onder rehabilitasie. Die bedryf werk ook saam met inisiatiewe soos die Union for Ethical Biotrade( UEBT) en Rainforest Alliance.

“ Sommige het reeds 500 hektaar grond onder rehabilitasie.”

Selfs toerisme kry’ n hupstoot. Die Rooibos Heritage Route gee besoekers’ n kykie in plaaslewe, biodiversiteit en plaasstories – en bring ekstra inkomste vir boere.

Met klimaatsverandering en biodiversiteitsverlies wat toeneem, wys die Rooibosboere van die Cederberg dat volhoubare boerdery én natuurversorging hand aan hand kan loop. Dis plaas-trots op sy beste.

Besoek rooibosheritageroute. co. za vir meer inligting.