Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 83
kom bewonder het. Die pampoengeregkompetisie was ook’ n sukses, met Ritha Combrink wat as wenner uit die stryd getree het met haar heerlike pampoensopgereg. Die eerste vyf wenners van die pampoengeregkompetisie het elk’ n kookklasprys gewen by Steyns Culinary School in Hatfield, Pretoria.
Die pampoendrakompetisie het gesorg vir’ n paar swaar oomblikke toe deelnemers hulle bes gedoen het om die groot pampoene rond te dra, en die pitspoegkompetisie het die spoeg laat spat!
Die dag is afgesluit met die oorhandiging van pryse aan die wenners.
“ Ons wil graag dankie sê aan ons borge; Uitkyk Vleismark, Afgri, Protek, Capital Scales en Obaro wat dit moontlik maak om die Pampoenfees aan te bied,” sê Henri Combrink, organiseerder van die Pampoenfees.” Die Goliat van Gat Pampoenfees het weereens gewys waarom dit so’ n gewilde gebeurtenis op die kalender is!”