Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 67

NUUS | BROKKIES

Tradisie, innovasie en erkenning vir boere

By die bekendstelling van die kampioenskappe het Jooste haar waardering uitgespreek vir almal wat hierdie kuns bemeester het.“ Om kos te preserveer, is meer as net‘ n manier om dit langer te hou – dit gaan oor kreatiwiteit, volharding en om‘ n bietjie nostalgie in‘ n bottel vas te vang. Wie onthou nie die dae van vrugtesny in Ouma se kombuis of die toets van die jellie se stolpunt nie? Hierdie kompetisie is‘ n huldeblyk aan die mense wat hierdie tradisie lewendig hou.”

Hierdie kampioenskappe erken ook die harde werk van boere en produsente wat jare lank in die ontwikkeling van hierdie produkte belê het. Agri-Expo se Hoofbestuurder, Breyton Milford, verduidelik dat die preserveerbedryf diep gewortel is in landbou en‘ n manier is om die vrugtebedryf verder te bemark en te versterk.“ Suid-Afrika is een van die wêreld se voorste produsente van vrugte, en die preserveerkampioenskappe sal help om hierdie sektor nog meer te laat skitter.”

34 GROND TOT MOND APR | MEI 2025