Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Página 64

BROKKIES | NUUS

So’ n bek moet jêm kry!

Agri-Expo brei sy tradisie van uitnemendheid uit met die Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe –‘ n splinternuwe kompetisie wat in Mei 2025 afskop en die kollig plaas op topgehalte preserveerprodukte, van ingelegde vrugte tot piekels en konfyt. Die kampioenskappe vier tradisie, bevorder innovasie en gee erkenning aan boere.

Dié kampioenskappe is daar om uitblinkers in die bedryf te beloon en om te wys wie regtig weet hoe om iets lekkers te bottel. Hoofbeoordelaar Susina Jooste verduidelik:“’ n Kundige paneel gaan die produkte deur‘ n blinde proeproses beoordeel, met streng standaarde en‘ n onafhanklike oudit. Net die beste van die beste gaan bekroon word!”

APR | MEI 2025 GROND TOT MOND 33