Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | 页面 48

KOEITJIES & KALFIES

Ek boer vir’ n groot beesboer en skiet self jakkalse in die omgewing. Wat maak ek met’ n koei wat nie, soos die ander koeie, haar bulkalf oppas nie? Ek het’ n twee dae oue kalf aan’ n jakkals verloor. Die ander koeie in dieselfde kamp maak elke jaar hul kalwers groot. Moet ek haar as’ n slegte ma laai, of gee ek haar nog’ n kans? Sy is’ n jong koei op haar derde kalf.

(- Kom ons boer)

Ek het ook baie beeste, maar wat ek gedoen het, is om donkies te kry en die ma met die kalf snags in’ n groot skuur te sit.

Kry donkiemerries – hulle sorteer die jakkalse uit. As jy meer as een donkie saam met beeste insit, vorm hulle’ n trop en kyk na hul eie belange. Een donkie alleen loop saam met die beeste en pas hulle dan op.

Beeste is prooidiere. Ek voel persoonlik dat dit onregverdig is om van’ n prooidier te verwag om teen’ n roofdier van enige aard te kan opstaan. As hulle dit regkry, is dit goed. As hulle nie kan nie, is dit nie hulle skuld nie, maar myne( as eienaar) s’ n, want ek het hulle nie goed genoeg beskerm nie.

APR | MEI 2025 GROND TOT MOND 25