Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 46

KOEITJIES & KALFIES

Laem Chabang-hawe in Thailand is een van die nuwe toegangspoorte vir Suid-Afrika se appels en druiwe na Asiatiese markte.

Appels vir Asië

Suid-Afrika se boere kry nou nuwe speelkamer in die internasionale mark! Vars uitvoerooreenkomste met Thailand en die Filippyne beteken dat ons appels en druiwe nou op meer winkelrakke in Asië gaan verskyn.

Dis groot nuus vir plaaslike produsente – veral met reuse mededingers soos China en Nieu-Seeland in die stryd. Maar Suid-Afrika se vrugte het reeds‘ n goeie naam vir smaak en gehalte, en dié nuwe ooreenkomste kan help om markdiversifisering te verbeter en pryse te stabiliseer.

Met vraghouers wat binnekort na Bangkok en Manila koers sit, lyk die uitvoerseisoen vrugbaarder as ooit.

( freshplaza. com)

24 GROND TOT MOND APR | MEI 2025