Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 43

KOEITJIES & KALFIES

Koeitjies & kalfies

Geniet‘ n paar diamantjies van landbou-gefokusde sosiale media platforms. Van skerpsinnige vrae en ligte grappies tot hartroerende verhale wat jou dag sal opkikker.

NAMPO 2025 is om die draai – en dit gaan’ n fees wees!

Van 13 tot 16 Mei gaan NAMPO Park buite Bothaville weer kook met boerdery-aksie, groot masjiene, nuwe tegnologie en hope lekker kuier. Hierdie skou is nie verniet die grootste op die suidelike halfrond nie – dis waar boere, landboukenners, en families bymekaarkom om te kyk wat in die wêreld van landbou aangaan.

Met meer as 900 uitstallers, sal jy alles van presisieboerdery tot klimaatslim oplossings sien. Die tema vanjaar is“ Global Agriculture, Local!”, en wys hoe plaaslike boere wêreld-klas idees op hul eie grond toepas.

Kom kyk na demonstrasies, 4 × 4 aksie, boerekos, skaapen beesrasse, en gesels in die“ Nation in Conversation”-tent. Dis die plek om nuwe goed aan te leer, vriende te ontmoet en met nuwe inspirasie huis toe te gaan.

Besoek www. grainsa. co. za vir kaartjies en meer info. Moenie dié een misloop nie!

( grainsa. co. za)

22 GROND TOT MOND APR | MEI 2025