Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Seite 140

BROKKIES | NUUS

ontwrigters) beskou word: hierdie tipe produkte word egter nou uitgefaseer, wat die hoeveelheid beskikbare hulpmiddels beperk. Dit is waar innovasie noodsaaklik is, en waar InteliGro met ander bedryfsorganisasies saamwerk om alternatiewe te vind.”

RESULTATE LEI TOT UITBREIDING NA DIE NOORDE

Die sukses van die Sandveld-projek het gelei tot’ n loodsprojek in die Verre Noorde van Limpopo. InteliGro werk saam met Aartappels Suid-Afrika( ASA) en Metos SA om motlokval- en weerdata te kombineer in’ n projek wat produsente help om spuitprogramme volgens plaaslike motbevolkings aan te pas.

“ Ons ervaring oor agt jaar stel ons nou in staat om geïntegreerde plaagbestuur met ander aartappelprodusente te deel,” sê Steenekamp.“ Deur historiese data met weervoorspelling te kombineer, kan ons in die toekoms selfs meer akkurate aanbevelings maak.”

InteliGro se Gewasadviseurs bied pasgemaakte oplossings vir elke plaas.

Belangstellende boere kan Steenekamp kontak by + 27 66 472 3994 of stefans @ inteligro. co. za.