Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 135

NUUS | BROKKIES

Die projek het in 2016 ontstaan toe InteliGro’ n netwerk van lokvalle ontplooi het. Dié lokvalle bevat’ n spesiespesifieke feromoon wat manlike motte lok en vang, en gee produsente’ n vroeë waarskuwing van toenemende bevolkingsdruk.

“ Vernuf, data en deurdagte bestuur het op lang termyn merkwaardige resultate vir Sandveld-boere gebring,” sê Stefan Steenekamp, tegniese bemarkingspesialis aan die hoof van InteliGro se nasionale aartappelstrategie.

52 000 hektaar

Die hoeveelheid aartappels wat jaarliks in Suid- Afrika aangeplant word, ten spyte daarvan dat ons net 1 % van die wêreld se aartappels produseer.

“ Tydens weeklikse besoeke teken ons lokvalvangste aan van aartappelmot en tamatieblaarmyner( Phthorimaea absoluta, vroeër Tuta absoluta) op elektroniese platforms soos Cropwise en CropWatch. Hierdie data, tesame met fisiese monitering en weerinligting, maak akkurate motuitbraakvoorspellings en beter oesbeskermingstrategieë moontlik.”

Boer met minder plaagdoders en meer kundigheid

Stephan & Seun Boerdery,‘ n bekende familieboerdery in die Sandveld, het van die begin af aan InteliGro se aartappelmot-moniteringsprojek deelgeneem en merkbare verbeteringe opgemerk.

“ Ons is baie tevrede met InteliGro se plaagmonitering van aartappelmot en P. absoluta op ons lande,” sê Johan

68 GROND TOT MOND APR | MEI 2025