Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Seite 133

BROKKIES | NUUS

Sandveldprojek se aartappelmotbeheer-projek wys die pad vorentoe

’ n Langtermyn aartappelmot-moniteringsprojek in die Sandveld het oor agt jaar só suksesvol geblyk, dat dit nou na die noorde van Suid-Afrika uitgebrei word.

Die mot-moniteringstoestelle lok manlike motte met‘ n spesie-spesifieke feromoon. Foto: Stefan Steenekamp / InteliGro

Aartappelmot( Phthorimaea operculella) is’ n moeilike plaag om te beheer en kan groot ekonomiese verliese vir boere veroorsaak. Tog het Sandveld-boere volhoubare sukses behaal in die bestuur van dié plaag, danksy hierdie innoverende projek en samewerking tussen InteliGro en Syngenta.

APR | MEI 2025 GROND TOT MOND 67