Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Seite 129

BROKKIES | NUUS

Hul vleis, gemerk met die Lamb Champs-logo, is nou beskikbaar in 63 Pick n Pay-winkels regoor Suid-Afrika. Volgens Pick n Pay se bemarkingsdirekteur, Tessa Chamberlain, is die reeks deel van hul verbintenis om plaaslike familieboere regdeur die voedselketting te ondersteun.“ Wanneer jy’ n pak lamsvleis optel, is daar’ n boer agter daardie snit. Iemand wat met trots en passie geboer het,” sê sy.

“ Wanneer jy’ n pak lamsvleis optel, is daar’ n boer agter daardie snit.”

Francois Rossouw van SAAI beskryf die reeks as’ n storie van familie, vasbyt en tradisie.“ Dis’ n uitnodiging aan verbruikers om te sien waar hul kos werklik vandaan kom,” sê hy.

APR | MEI 2025 GROND TOT MOND 65