Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 124

BROKKIES | NUUS

Lamsvleis met’ n storie agter elke snit

Ses skaapboere. Ses lewens. Een gedeelde passie. Die nuwe dokumentêre TV-reeks Die Hart en Siel van Skaapboerdery bring die stories van ses inspirerende familieboere na kykers se huise – en hul produkte na die winkelrakke van Pick n Pay. Die reeks het op 16 Maart op kykNET afgeskop en is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Minki van der Westhuizen reis die land vol om die deelnemers van die Lamb Champs-kompetisie te leer ken – van hul uitdagings op die plaas tot hul oorwinnings in die kombuis. Vir die eerste keer word hul vleisprodukte landwyd versprei danksy Pick n Pay, wat’ n mylpaal vir boere is wat gewoonlik sukkel om hul prys te kry sonder groot landboubesighede se ondersteuning.

APR | MEI 2025 GROND TOT MOND 63