BROKKIES | NUUS
KI is hier om te bly – maar dis nie’ n towerstaaf nie
Kunsmatige Intelligensie( KI) was een van die warmste onderwerpe op die program. Sprekers soos Riedwaan Bassadien van Microsoft en Brett StClair, tegnologieentrepreneur, het verduidelik hoe KI reeds gebruik word in landbou – van vroeë siekte-opsporing tot personeelbestuur en bemarking.
Maar, soos Pieter Geldenhuys, futuris en innovasiespesialis, dit gestel het:
“ KI is nie’ n onafhanklike denker nie. Dit is’ n baie slim leerling wat vinnig leer – maar jy moet steeds besluit wat om hom te leer.”
Hierdie boodskap het weer eens beklemtoon dat tegnologie net so goed is soos die mense wat dit gebruik – en die waardes wat hulle inbou.
Van hidroponika tot lasers – praktiese innovasie op die grond
Die konferensie het nie net by teorie gebly nie. Praktiese voorbeelde van hoe tegnologie reeds resultate lewer, is wyd gedeel.
• Hidroponiese tonnels in Limpopo toon’ n toename in tamatie-opbrengste van 60 ton per hektaar tot 392 ton –’ n ongelooflike verbetering in produktiwiteit.
• Lasertegnologie vir onkruidbeheer is besig om boere in staat te stel om heeltemal sonder chemikalieë te werk.
• KI-aangedrewe werwingsprosesse het reeds in sekere dele van die sektor personeelomset met tot 35 % verminder.
Hierdie tegnologieë is nie meer iets van die toekoms nie – hulle is besig om werklik’ n verskil te maak in vandag se bedrywighede.
APR | MEI 2025 GROND TOT MOND 59