NUUS | BROKKIES
Tegnologie wys rigting vorentoe by Africa Agri Tech-konferensie
Pretoria was onlangs die tuiste van een van die belangrikste landbou-geleenthede op die kontinent: die Africa Agri Tech-konferensie en-ekspo by die WNNR-konferensiesentrum. Die byeenkoms het‘ n verskeidenheid kundiges, tegnoloë, boere, beleids-makers en entrepreneurs van regoor Suid-Afrika en die wêreld saamgebring – almal met een doel: om te verstaan hoe tegnologie die toekoms van landbou kan vorm en verbeter.
Die mens bly steeds sentraal
Hoewel daar talle tegnologiese hoogtepunte was, was die goue draad van die konferensie duidelik: menslike insig en eenvoud moet eerste kom. Slim oplossings beteken niks as dit nie prakties op die plaas toegepas kan word nie.
Martin Jansen van Rensburg van ZZ2 het dit reguit gestel:
“ Tegnologie moet’ n verlengstuk van die mens wees. As dit slimmer is as die gebruiker, verloor dit sy waarde.”
Hy het gewaarsku teen stelsels wat so kompleks is dat dit eerder verwarring as waarde bring. Volgens hom is tegnologie slegs sinvol as dit die boer bemagtig – nie oorweldig nie.
58 GROND TOT MOND APR | MEI 2025