Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 112

BROKKIES | NUUS

“ Baie vroue moet eers kinders versorg en vir familie omsien voordat hulle kan boer,” sê sy.

’ n Unieke stel vaardighede

Volgens haar bring vroue unieke sterkpunte na die sektor: hulle is dikwels meer detail-georiënteerd, kommunikeer goed en vind kreatiewe oplossings.“ Hulle dryf innovasie.”

Boer slimmer, nie net harder

Crous glo vroue speel’ n sleutelrol in volhoubare landbou.“ Kleinskaalse vroueboere voed miljoene – en dit is twee tot vier keer meer effektief in die stryd teen armoede as ander sektore.”

Haar slotsom:“ As ons vroue in landbou bemagtig, help ons nie net hul plase nie, maar bou ons sterker gemeenskappe, verminder ongelykheid en versterk die vasteland se toekoms.”