Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 110

NUUS | BROKKIES

Die onbenutte krag van Afrika se landbou lê by vroueboere

Tot 70 % van Afrika se arbeidsmag is in landbou werksaam, en dié sektor dra tot 40 % van die vasteland se BBP by. Tog bly vroue onderverteenwoordig –’ n gemiste kans wat die sektor se volle potensiaal kelder.

In Suid-Afrika besit vroue slegs 20 % van die land se 40 000 kommersiële plase( BTW-geregistreer en met meer as R1 miljoen se jaaromset). Dit weerspieël volgens dr. Izane Crous, landboukundige by Omnia Holdings, die strukturele struikelblokke wat vroue weerhou om bo kleinskaalse boerdery uit te styg.

“ Daar is soveel rolle beskikbaar – van landbou-ekonoom tot voedselveiligheidspesialis – maar vroue het toegang en ondersteuning nodig om dié rolle te vervul,” sê sy.

Meer as net grond onder die naels

Crous beklemtoon dat tegnologie nuwe geleenthede skep – soos presisieboerdery en digitale grondmonitering – maar opleiding en hulp is noodsaaklik. Kulturele norme, erfeniskwessies, laer lone en huishoudelike verantwoordelikhede bly struikelblokke.

56 GROND TOT MOND APR | MEI 2025