Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 108
BROKKIES | NUUS
Die tuinbou-subsektor het weereens goeie resultate gelewer, terwyl die veesektor matige herstel getoon het. Gunstige damvlakke en bestendige kragtoevoer het produksieverstorings beperk.
17.2 %
So sterk het die landbou-GDP gegroei in die vierde kwartaal van 2024.
Met die verwagte terugkeer van La Niña-toestande, voorspel kenners’ n opwaartse seisoen vir 2025. Vroeë aanduidings dui op’ n somergewasopbrengs van 17.23 miljoen ton, wat’ n verbetering van 10.9 % is teenoor 2024.