Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Seite 106

NUUS | BROKKIES

Herstel bring hoop vir 2025

Suid-Afrika se landbousektor het in die vierde kwartaal van 2024’ n merkwaardige herstel getoon met’ n groei van 17.2 % kwartaal-op-kwartaal( seisoenaal aangepas), volgens Paul Makube, senior landbou-ekonoom by FNB.

Hierdie positiewe prestasie volg ná twee agtereenvolgende kwartale van afname, insluitend’ n hersiene daling van-19.7 % in Q3. Oor die jaar gesien, het die landbou- GDP egter vir die tweede agtereenvolgende jaar met-8 % gedaal, hoofsaaklik weens die El Niño-verwante produksiedruk, veral in somergewasse.

17.23 miljoen ton

Die verwagte opbrengs vir 2025 se somergewasse wat’ n indrukwekkende styging van 10.9 % teenoor 2024 is.

Ten spyte hiervan, het uitvoere goed gevaar – met’ n jaar-tot-jaar toename van 3 % tot US $ 13.7 miljard, danksy sterk internasionale vraag en hoër pryse. Die Landbousakevertroue-indeks( ACI) het ook met 10 punte gestyg tot 58 punte,’ n duidelike aanduiding van toenemende optimisme in die sektor.

54 GROND TOT MOND APR | MEI 2025