Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 101

BROKKIES | NUUS

tegnologie, produksiepraktyke en hul betrokkenheid in die gemeenskap. Boonop moet die wenner‘ n dinamiese ambassadeur vir TLU SA kan wees en‘ n stem vir die jong boere van Suid-Afrika.

“ Hierdie kompetisie gaan nie oor die grootte van jou plaas of jou familiegeskiedenis in boerdery nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.“ Dit gaan oor jou bydrae, jou innovasie en hoe jy‘ n verskil maak in die landbousektor. Dit is‘ n kans om jou boerderyvaardighede te slyp, nuwe insigte te kry en uiteindelik jou loopbaan na‘ n nuwe vlak te neem.”

WIE KAN INSKRYF?

Alle jong boere wat lede van TLU SA is, kan inskryf. As jy nog nie‘ n lid is nie – geen probleem! Jou inskrywing vir die kompetisie bied jou outomaties die geleentheid om‘ n lid te word en deel te wees van‘ n netwerk van toegewyde boere wat Suid-Afrika se landbou toekoms bou.

DIE KOMPETISIEPROSES:

TLU SA se streke speel‘ n sleutelrol in die evaluering van inskrywings op provinsiale vlak. Elke streek moet die inskrywings in hul gebied evalueer en drie finaliste( soms meer of minder) nomineer om op nasionale vlak mee te ding. Indien daar egter byvoorbeeld vyf uitstaande jong boere is wat aan die vereistes voldoen, kan TLU SA hoofkantoor besluit om al vyf uit een provinsie te besoek. Dit is belangrik om te verstaan dat nie elke inskrywing noodwendig op nasionale vlak besoek word nie, maar dat elke inskrywing wél deur die streek geassesseer word. Dit kan beteken dat sommige streke meer finaliste as ander

APR | MEI 2025 GROND TOT MOND 51