Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 90

VAN HASSELT FARMING | ANGORABOKKE

‘ This refers to a specific period in their winning streak where they dominated the competition, which evaluates clips based on meticulous standards of fineness, consistency, and craftsmanship.’

Vervolgens die Zegna Mohair Trophy. Ermenegildo Zegna, die luukse Italiaanse modehuis, het hierdie trofee in 1970 gevestig om die produksie van die wêreld se hoogste gehalte bokhaar aan te moedig. Dit was hier waar Van Hasselt Farming die wêreldrekord vir die hoogste prys vir bokhaar behaal het – R1246.10 per kg.

‘ In the mohair industry, the finest bales( often those winning the Zegna or Miyuki trophies) are auctioned to global buyers. A price of R1246.10 per kg represents an elite market peak, far exceeding standard industry averages( which typically range from R380 to R800 per kg). Zegna often buys these top-performing“ record bales” directly at auction to use in their most exclusive luxury fabrics.’

Op haar beurt bedryf Frances ʼn wewery waar die haar vanaf die bok tot in asembenemende matte omvorm word. Sy kry haar inspirasie uit die natuur, en dit kan baie duidelik op haar webtuiste gesien word. Besoek dit gerus by: francesvh. com( Frances is egter besig om in die VSA klas te gee en dus ongelukkig nie beskikbaar om te gesels nie.)

Met ons vertrek soek ek na die mistiese man met die geel oë en die voëlhok, maar sien hom nie. Straks weet hy ek het met my besoek aan Gay en Jordi en hul bokke genoeg gesien.

90 GROND TOT MOND APR 2026