Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Página 9

DEUR DIE LENS

Kehentse Mosimanyane is deel van’ n nuwe geslag jongboere in Noordwes wat tradisie met’ n doelgerigte, moderne aanslag kombineer. Hoewel hy nie oorspronklik beplan het om te boer nie en ingenieurswese gaan studeer het, het hy besef dat hy sy ma se boerdery moes help dra. Vandag boer hy op gemeenskapsgrond naby Vostershoop met beeste, skape en bokke, met boerbokke as sy kernfokus.

Sy benadering is duidelik: beter genetika, geharder diere en streng seleksie. Hy bou doelbewus aan’ n kudde van hoër gehalte wat by die streek se moeilike omstandighede kan aanpas. Met mentorleiding,’ n fyn oog vir teling en respek vir die drakrag van die veld, werk hy stap vir stap aan’ n volhoubare veeonderneming.

Vir Kehentse gaan boerdery nie net oor getalle nie, maar oor opbou, deursettingsvermoë en die droom om eendag op sy eie plaas net die beste gehalte diere aan te hou.

APR 2026 GROND TOT MOND 9