Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 31

BROKKIES | NUUS

spuitvensters en daaglikse evapotranspirasie- of ETOkoerse. Dit maak dit moontlik om besproeiing fyner te bestuur, gewasse beter te beskerm en hulpbronne doelgerigter te gebruik, veral in’ n waterarm omgewing waar tydsberekening en akkuraatheid al hoe belangriker raak.

“ Wanneer miljoene datapunte in verstaanbare, plaaslike inligting omskep word, skuif boerdery van reageer na vooruit besluit.”

Vir baie produsente lê die waarde juis hierin: dit help om weg te beweeg van reaktiewe boerdery, waar besluite ná’ n gebeurtenis geneem word, na meer proaktiewe bestuur. Villa se Gabrielle Redelinghuys sê die doel was om komplekse klimaat- en weerdata in iets prakties en onmiddellik bruikbaar vir boere te omskep. Daardie skuif van“ reageer” na“ vooruit besluit” is waarskynlik die belangrikste belofte van die projek.

Toegang tel ook

Nog’ n sterk punt is dat die verslae gratis beskikbaar is en via’ n intekenskakel of QR-kode ontsluit kan word. Villa versprei dit ook deur sy netwerk van landbouchemiese vennote en op digitale platforms soos LinkedIn en Facebook. Dit gee die projek’ n meer inklusiewe karakter: die inligting is nie net vir’ n klein groepie tegniese gebruikers bedoel nie, maar vir’ n breër landbouwaardeketting wat beter weerintelligensie nodig het.

APR 2026 GROND TOT MOND 31