BESSIESFONTEIN | DOHNE MERINO
Blokman kuier by Julius Beukes op Bessiesfontein
Woorde : Magda du Toit Fotografie : Helenus Kruger
Vandat mens die N11 teerpad verlaat so 40 km suid van Ladysmith en die grondpad volg oor die driffies en tussen die klowe deur voel dit asof mens dit uiteindelik reggekry het om in ’ n rolprenttoneel in te ry . Die omgewing is droommooi en grasgroen na die onlangse reën en met die donderwolke op die horison , voel mens sommer geseënd .
40 GROND TOT MOND APR | MEI 2023