Graslander Uitgawe 5: Verandering | Page 7

ARTIKEL KALK IS DIE SLEUTELINSET OM JOU GROND SE WARE POTENSIAAL TE ONTSLUIT Hoe effektief is die kunsmis wat jy toedien? Hoeveel kilogram N,P,K is die afgelope seisoen toegedien en hoeveel ton graan het gerealiseer? Indien jy die syfer wil verbeter, moet jy begin antwoorde soek by kalk. Kalk gaan nie vir jou die enigste antwoord verskaf nie, maar ten minste weet ons vandag dat die regte tipe kalk op die regte plek ‘n baie groot impak het om die effektiwiteit van toegediende kunsmis te verhoog. Die afgelope twee maande het 80 produsente (proefneming van 1 094 , in Noordwes en Vrystaat klein, medium en groot produsente) aan ‘n intensiewe onafhanklike opname deelgeneem. Verskeie datastelle het vir ons baie interessante inligting verskaf, maar veral een het uitgestaan. Produsente het in die proefneming aangedui dat hulle gemiddeld 0,49 ton kalk per hektaar per jaar toedien (in ‘n drie jaarsiklus is dit 1,47 ton/ha). Die vraag: “Dien ons vandag werklik genoeg kalk toe vir volhoubare voedselproduksie?” Selfs die kwaliteit van kalk kry nie aldag die nodige aandag wat dit verdien nie. Die vrae wat produsente vra is ook van kardinale belang. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is: “Is die naaste bron die goedkoopste om aan te ry?” Wanneer ons die regte vrae begin vra, DAN begin ons eers anders dink. Ben Krog, Group bemarkingsbestuurder Hoe kry ons die kalk op die plaas? Die afgekope jaar het ons strategiese vennootskappe met verskeie vervoerkontrakteurs gesluit om die mees kompeterende vervoertariewe aan produsente te bied. Ons bied ook vir produsente verskillende betaalopsies met die aankoop van kalk. Bastion het ten doel om antwoorde te verskaf aan produsente se regte vrae! Die kalk wat Bastion produseer, weet ons, is een van die belangrikste skakels in die produksiesiklus wat voedselsekerheid verseker. Ons vind waarde daarin om verby wins alleen te kyk. Ons is terdeë bewus van ons verantwoordelikheid teenoor volhoubare voedselproduksie vir ons mede-landsburgers. Dit verskaf vir ons vreugde om ‘n rol hierin te kan speel. Jou sukses is ook ons sukses. Kontak ons gerus. Marelizé Smit Verkoopskoördineerder 082 382 1898 [email protected] Lourens Swart Logistieke Koördineerder 060 989 3877 [email protected] Bastion Hoofkantoor 018 464 7820 DIT IS AL MEER NODIG DAT ONS DIE REGTE VRAE MOET BEGIN VRA, SOOS: Saam Boer ONS MEER PRESIES 1. Wat is die mees effektiewe kalkbron gelewer op my plaas? 2. Is ‘n fyner kalk met ‘n laer KKE(suur) nie dalk beter as growwer kalk met ‘n hoër KKE(suur)? (KKE suur dui bloot die kapasiteit aan) 3. Hoekom word die KKE harswaarde (reaktiwiteit), al minder gebruik? 4. Is my metode van kalktoediening (plasing) die mees effektiewe manier om probleem-areas – horisontaal en vertikaal (ondergronds) te behandel? 5. Sewe verskillende kalkaanbevelingsmodelle word landswyd gebruik (In die vorige Graslander is die metodes bespreek). Is die huidige model wat op my plaas gebruik word nog relevant vir die langtermyndoelwitte wat ek wil bereik? 6. Skep my huidige bewerkings- en kunsmispraktyk nie dalk vir my probleme oor die langtermyn (ondergrondse suurheid) nie? 7. Het ek al ‘n ander, dalk beter kalkbron, op my plaas beproef teenoor my tradisionele naaste bron? Indien jy die waarde van kalk onderskat, dan wil ek die stelling maak dat die verkeerde vrae gevra word. Bastion en sy vennote in die veld, sal jou help om die regte antwoorde te kry op jou kalkvrae. Bastion het die afgelope twee jaar geweldig baie belê in mensekapitaal en reuse beleggings in ons eie myne gemaak. Ons neem verantwoordelikheid vir die volledige kalkproduksieproses. Ons het ‘n passie vir natuurlike kalk – kalk wat direk uit die kalkafsetting gemyn word. Daagliks daar vir jou Klop aan by die presisiespesialiste Die meulens en sifkaste is opgegradeer tot die beste wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is. Hoekom? Want ons wil, gegewe die geologie, die bes moontlike kwaliteit kalk by ons myne produseer. September 2018 5 VOLG ONS OP Graslander NWK Landboubestuursdienste se span spesialiste lewer ’n volledige spektrum van presisieboerderydienste. Dit sluit grondopnames met gedifferensieerde potensiale, chemiese presisieboerdery met differensiële regstellings, meganiese presisie op trekkers en ander landbouwerktuie en GPS-plaaskaarte in. Landboubestuursdienste is ook kalkagente vir Bastion. Kontak ons gerus vir al u presisiebehoeftes op die plaas. Sáám plaas ons u boerdery op die wenpad. TEL +27 (0) 18 633 1143 FAKS +27 (0) 86 669 0486 SCHOLTZSTRAAT 81 POSBUS 107 LICHTENBURG 2740 E-POS [email protected] www.nwk.co.za NWK Beperk is ‘n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (lisensienr. 44998) en ‘n geregistreerde kredietverskaffer (registrasienr. 2789) Landboubestuursdienste