Graslander Uitgawe 5: Verandering | Page 3

Inhoud WELKOM CONTENTS Welkom p.1 Bastion: Grasland’s New Dawn Is Here p.2 Die Metode Van Grondmonsterneming Maak Saak p.4 Kalk Is Die Sleutelinset Om Jou Grond Se Ware Potensiaal Te Ontsluit p.5 Gebruik Van Presisietegnologie Om Die Effektiwiteit Van ‘N Kalktoediening te Optimaliseer p.6 Personeel - Lourens Swart en Marelizé Smit p.7 Combat Acid Build-up In Soil With Rip Max p.8 GRASLAND REDAKTEURSBRIEF. G eagte leser, dit is vir my baie aangenaam om u in kennis te stel dat Grasland ‘n gedaanteverwisseling ondergaan het. Tydens ons 50-jaar herdenking het ons ‘n nuwe era betree en Grasland staan nou bekend as Bastion. Sien asseblief ons artikel verder in die bylaag rondom hierdie gebeurtenis. Kliënte kan uitsien na beter dienslewering omrede dit sentraal staan in ons besluit om ons naam en beeld te verander. Ons het diep introspeksie gaan doen en baie eerlik ons ware “doel” gaan bepaal as besigheid. Dit beteken dat klantgesentreerdheid sentraal staan tot ons maatskappystrategie. Daar is reeds veranderinge aan hoe ons dinge doen en nuwe personeel ondersteun hierdie dryf. Ons wil geensins afstand doen van ons verlede nie, maar dit as ‘n “springbord” gebruik om met die nuwe naam en beeld op ‘n dieper vlak met u as klant te skakel. Met hierdie verandering sal die Graslander bylaag dan ook van die volgende uitgawe bekend staan as “Die Bastion”. Laastens los ek u met ‘n aanhaling van Abraham Lincoln: “It often requires more courage to dare to do right than to fear to do wrong” Etienne Schoeman BD Bastion Graslander September 2018 1