RUBRIEK
is wat primêr vir plantvoeding verantwoordelik is.
Hierdie monsters word dan deeglik vermeng, dan
vyf klein sub-monsters (ongeveer ʼn teelepel vol)
uit die vermengde monster te neem, die monster
weer te vermeng en weer vyf teelepels vol, as
laboratoriummonster te neem.
DIE METODE VAN GRONDMONSTERNEMING
MAAK SAAK
Martiens du Plessis, Grondkundige, NWK Beperk
Die aanbevelings vir die aanwending van
misstowwe is uiteraard op hierdie grondmonsters
se ontledings gebaseer. Slim regressies word
tydens presisiepraktyke op die grondontledings
toegepas om die regte hoeveelhede misstowwe en
grondverbeteraars toe te dien. Maar kry die neem
van grondmonsters sy regverdige aandag? In hierdie
artikel word hierdie belangrike aspek onder die loep
geneem.
Grondmonsterneming is ʼn steekproef
Wanneer die eienskappe van ʼn populasie gemeet
moet word, kan al die individue van die populasie
ondersoek word en ʼn uiters akkurate antwoord kan
gekry word. So ʼn voorbeeld is die massa van ʼn trop
speenkalwers. Hulle word eenvoudig almal geweeg.
Om die massa van speenkalwers in die Noordwes
provinsie te bepaal, is egter ʼn perd van ʼn ander
kleur. Nou moet ʼn ewekansige steekproef getrek
word en slegs die kalwers in die steekproef word
geweeg, as verteenwoordigend van die populasie,
naamlik al die speenkalwers in die Noordwes
provinsie. Die steekproef se resultaat is slegs
betroubaar genoeg indien dit daarin kon slaag om
die hele populasie akkuraat te verteenwoordig.
Grondmonsterneming berus op dieselfde beginsel,
met dié verskil dat die steekproefmonster in grond
vernietig word, terwyl die kalwers niks oorkom
van die weeg nie. ʼn Verdere beginsel is dat hoe
meer die populasie homogeen is ten opsigte van die
parameter wat bepaal moet word, hoe kleiner kan
die steekproef wees, met steeds ʼn relatief akkurate
antwoord. Met die meet van landbougronde se
chemiese eienskappe, is die populasie (die area
se grond wat gemeet word) juis baie heterogeen.
Dit sou beteken dat die steekproef relatief groot
moet wees, en dus ʼn groot deel van die populasie
moet insluit, om ʼn akkurate antwoord van die
grond se chemiese status te kry. Dit is egter nie
moontlik nie, omdat ons maar sowat 300 g grond
na die laboratorium versend, waar maar sowat ʼn
teelepel grond ontleed word. Hierdie teelepel grond
moet nou as steekproef ʼn bepaalde area se grond
verteenwoordig. As ʼn grondmonster van 300 g per
hektaar vir presisieboerderydoeleindes geneem
word, verteenwoordig dit ʼn steekproef van ongeveer
4
Graslander September 2018
0.000 009 231% van die populasie (1 ha en 250
mm diep). Dit beklemtoon waarom die neem van
ʼn grondmonster met soveel sorg uitgevoer behoort
te word.
Maar hoe verteenwoordigend is dié monster van
die 1 m 2 ? Gemeet aan die hele 1 m 2 se gemiddelde
pH van 4.49, het die pH’s van die drie herhalings
van die vyf boormonsters oor die ry, onderskeidelik
4.55, 4.52 en 4.67 opgelewer. Dit gee ʼn gemiddelde
afwyking van 0.10 pH-eenheid, wat besonder
akkuraat is. Enige een boormonster kan dus ʼn
pH-waarde van 0.35 onder die populasiegemiddeld
of 0.52 bokant die populasiegemiddeld lewer. Dit
kan verder ook verwag word dat ʼn grondmonster
getrek by wyse van ʼn grondmonsteringsapparaat
wat dunner is as ʼn standaard grondboor, ʼn swakker
monster sal lewer as dié van ʼn grondboor.
Die populasie is baie heterogeen
Verskeie studies is al onderneem om die ruimtelike
variasie van gronde se chemiese eienskappe
te illustreer. Van Vuuren, J.A.J., (1991) het die
ruimtelike variasie van grondchemiese eienskappe
onder vaste bewerkingspraktyke bestudeer.
Monsters (4 cm x 4 cm x 4 cm) is in ʼn profielgat
se wand getrek en elkeen afsonderlik ontleed. Hy
het duidelike bande van versuring aangetoon en
gedeeltes wat min versuur was. Dit is variasie oor ʼn
afstand van 2.1 m, van een mieliery tot ʼn volgende.
SAMEVATTING
Vir presisiedoeleindes kan wyd beredeneer word
oor wat die “populasie” is wat gemeet moet word,
aangesien metings op ʼn punt geneem word en dan
wiskundig tussen die punte geïnterpoleer word.
Dit ten spyt, behoort ʼn relatief groot grondmonster
op die punt van meting geneem te word, deeglik
vermeng te word en die laboratoriummonster dan
hieruit geneem te word. Hierdie metodiek is steeds
ekonomies en prakties haalbaar in die praktyk en
dit behoort eintlik nie eers onderhandelbaar te wees
nie, aangesien die spandering van groot geld op
dié data, onder andere bekalking, gebaseer word.
Van Wyk, D.J.L. (2014) het monsterneming vir die
doeleindes van presisieboerdery ondersoek. Hy het
onder andere die variasie binne 1 m 2 oor ʼn mieliery
ondersoek. Vyf grondmonsters is met ʼn grondboor
dwars oor die mieliery geneem en binne die 1 m 2
drie keer herhaal (FIGUUR 1). Die monsters is
afsonderlik ontleed. Die onderskeie pH’s (KCl)
is in FIGUUR 1) aangedui en dit het van 5.01 tot
4.14 gevarieer (FIGUUR 2), met die gemiddelde
pH 4.58. Die verskil tussen die minimum en
maksimum van die waardes was 0.87 pH-eenhede
en dit alles binne 1 m 2 . Die hele 1 m 2 is toe tot op
200 mm uitgegrawe (dus die hele populasie) en
deeglik vermeng. Hieruit is vyf monsters geneem
en ontleed met ʼn gemiddelde pH van 4.49. Hier was
ook al weer variasie tussen die vyf monsters, wat die
belang van effektiewe vermenging en goeie analises
onderstreep.
Nou waar laat hierdie variasie ons met
grondmonsterneming?
Bronnelys op aanvraag beskikbaar.
pH-variasie
5,20
5,00
Daar word jaarliks honderde duisende
grondmonsters in Suid-Afrika geneem en
miljoene spandeer op ontledings en biljoene op
misstowwe.
4,80
4,60
4,40
4,20
4,00
1
2
3
4
5
Die onderskeie
pH’s(KCl) het van 5.01
tot 4.14 gevarieer. Elke
kleur verteenwoordig
‘n herhaling. Die pH’s
op en langs die ry is
die suurste
(3 is op die ry).
Die Fertilizer Association of Southern Africa
(FERTASA) stel vir presisiemonsters voor dat ten
minste vyf sub-monsters in ʼn radius van 10 m
rondom die punt van monsterneming, geneem moet
word en as een monster vermeng moet word. Die
posisie ten opsigte van die ry word nie gespesifiseer
nie.
Van Wyk (2014) het die
grondmonsternemingsmetode soos deur NWK
vir presisiedoeleindes uitgevoer, ondersoek,
naamlik om vyf sub-monsters met ʼn grondboor
dwars oor die ry te neem, wat die slootmetode van
monsterneming naboots (FIGUUR 3). Die logika
agter hierdie metodiek is dat dit juis hierdie sone
Vyf sub-monsters word met ʼn grondboor oor
die ry geneem en in ʼn bak vermeng, waaruit die
laboratoriummonster, bestaande uit 10 klein
monstertjies, geneem word.