Graslander Uitgawe 4: Lente | Page 3

WELKOM Inhoud CONTENTS Welkom p.1 Grasland Vier 50 Glorieryke Jare p.2 Grondsuurheid Op Verskillende Gronddieptes : Resultate en Oplossings in Vrystaat En Noordwes p.4 An Evaluation Of Lime Requirement Methods Used For South African Soils p.5 Sit Jou 3D-Bril Op - En Grawe ‘n Gat p.6 Ontmoet Ben Krog – Die nuwe Groep Bemarkingsbestuurder van p.7 Grasland Jeanine nou logistieke koördineerder by Grasland Bekalking Suig Die Agterste Speen p.7 p.8 – Die nuwe Groep Bemarkingsbestuurder van Grasland GRASLAND 50 EN NIE UIT NIE... D it is weereens vir Grasland ‘n voorreg om ‘n publikasie van die Graslander bekend te stel. En dié keer is dit nie sommer enige uitgawe nie – ons gaan kyk bietjie wat het die afgelope 50 jaar ge- beur, want soos meeste rolspelers weet, is dit Grasland se vyftigste verjaarsdag in November 2017. Gaan kyk gerus op bladsy 2-3 na die hooftrekke van die afgelope 50 jaar. Die tempo waarteen ondergrondsuurheid vererger in Suid-Afrika is kommer- wekkend en die Graslander het gaan ondersoek instel. Sien wat dr Jan Strydom te sê het op bladsy 4 oor die beperkende faktore van wortelgroei en ontwikke- ling in Vrystaat en Noordwes se landbougronde en wat ‘n moontlike oplossing hiervoor is. Verder het Grasland ook gaan kyk na wat die optimale kalk aanbevelingsmodel vir Suid-Afrikaanse landbougronde is. Gaan lees meer oor dié interessante MSc Agric navorsing op bladsy 5. Verder stel ons ook twee nuwe personeellede be- kend – Ben Krog Grasland se nuwe Groep Bemarkingsbestuurder en hy bring ons weer terug na die “basics” in sy artikel op bladsy 6; asook Jeanine Saun- derson wat vanaf Augustus aangestel is in die rol as Logistieke Koördineerder, waar sy onder meer verantwoordelik is vir logistieke vir ons talle klante wat ook tenders insluit. Sien bladsy 7 vir meer inligting hieroor. Martiens du Plessis vertel op bladsy 8 dat baie boere kalk uitstel en dat dit ‘n wydverspreide probleem is. Hy verduidelik wat die implikasie hiervan is en onder watter omstandighede dit wel gedoen kan word, maar wys ook uit waar produsente die streep moet trek. Sterkte aan almal en hoop dat die seisoen weer vir ons goeie reëns sal bring Etienne Schoeman BD Grasland Graslander September 2017 1