ARTIKEL
BEKALKING SUIG DIE AGTERSTE SPEEN
Martiens du Plessis, Grondkundige, NWK Landboubestuursdienste
Tydens Grasland se “Nasie in Gesprek”-
opname gedurende Nampo 2017,
het dit geblyk dat bekalking in Suid-
Afrika die tweede viool speel. Is dit nie
dalk bankrot spaar nie? Tot waar kan
bekalking uitgestel word?
Hoe lyk die prentjie in Suid-Afrika?
Grondsuurheid in Suid-Afrika skets geen rooskleurige prentjie nie. In ʼn studie
wat deur prof Martin Fey (Universiteit Stellenbosch) in 2001 gedoen is, is
bevind dat 5 miljoen ha grond in Suid-Afrika erg versuur is en ʼn verdere 11
miljoen ha matig versuur is. Van die gronde wes van die Drakensberge was
40% versuur en in die Wes- en Suid-Kaap was 60% versuur. In KZN was sowat
85% van die gronde versuur. ʼn Onlangse studie wat deur dr Koos Bornman
van Omnia gedoen is, is bevind dat die situasie sedert 2000 tot 2015 verder met
gemiddeld 0.17 pH-eenheid vanaf ʼn lae basis van pH 4.4 in bogronde en 0.1
pH-eenheid vir ondergronde versleg het. Die ekstraheerbare suurheidwaarde
(uitruilbare suurheid) het in die bogrond feitlik verdubbel en met 92%
toegeneem. Nasionaal het die ekstraheerbare suurheid in die ondergrond met
37% toegeneem. Hierdie bevindings dui daarop dat bekalking aan die agterste
speen suig!
Waarom bly bekalking agterweë?
Tydens die Nasie in Gesprek-opname is gespekuleer oor moontlike redes vir die
toename in grondsuurheid, naamlik:
tot gevolg dat bekalkingskoste nie ophoop en dan in een jaar op die boerdery
val nie. Dit hou grondsuurheid goed in bedwang.
As in gedagte gehou word dat grond van bo af versuur, sal dit dus strategies
goed wees om grondsuurheid gereeld in die bogrond te neutraliseer, voordat
die grond dieper af versuur.
Gegewe die gelewerde prys van kalk, is dit gewoonlik die moeite werd om die
kalk volgens presisiekaarte te strooi. Dit bring mee dat gedeeltes wat minder
kalk benodig, dan ook minder kalk kry en daar waar daar meer kalk nodig is,
daar meer kalk toegedien word. Presisietegnieke poog om die pH oor die hele
landery tot op die gewenste vlak reg te stel.
Waar kom kalkkwaliteit in die prentjie?
Wet 36 van 1947 bepaal dat landbouchemikalieë, wat ook landboukalk
insluit, by die Registrateur geregistreer moet word. Die Registrateur skryf
die minimum vereistes vir landboukalk voor, waaronder die fynheid en die
reaktiwiteit. Hiervolgens lewer Grasland kalk van uitstaande kwaliteit en
oortref dit die Registrateur se minimum standaarde.
SAMEVATTING
Bekalking moet liefs nie te lank uitgestel word nie. Namate die grond versuur,
daal graanopbrengste en kan bekalking al minder bekostig word. Maak
bekalkingskoste deel van die jaarlikse begroting en koop dit jaarliks (dalk voor
kunsmis) en bekalk die lande. Bekalking verdien eintlik een van die voorste
spene.
SÁÁM BOER
ONS MEER PRESIES .
• Onvoldoende hoeveelhede kalk wat toegedien word en wat dan tot
ondoeltreffende neutralisasie lei;
• Hoër vlakke van stikstofbemesting wat deur hoër opbrengste gedryf word,
verhoog die potensiële versuring;
• Die finansiële implikasie van bekalking; en
• Sommige produsente glo bloot nie in bekalking nie.
Vir elke pH-eenheid wat grondsuurheid afneem, is daar tien keer meer
waterstof in die grondoplossing as met die vorige pH-skuif. Dit beteken dat
daar al meer kalk benodig word om grondsuurheid te neutraliseer as die grond
eers erg versuur is. Met die gelewerde prys