TECHNICAL
BEKALKINGSPROEF VAN NWU
Jasper Dreyer van Departement Geologie en Grondkunde van die Noordwes Universiteit se Potchefstroom kampus
Waarom word gronde
bekalk?
D
ie verbouing van gewasse het tot
gevolg dat gronde versuur, wat die
rede is waarom kalk voortdurend
in gewasverbouing toegedien moet word. In
gewasverbouing is dit hoofsaaklik die toediening
van stikstofbevattende kunsmis en die opname van
katione (plantvoedingselemente soos Ca, Mg en
K) deur plantwortels wat die pH van die grond laat
verlaag en versuur.
Die nadeel van suur grond is dat dit veroorsaak
dat aluminium (Al) wat in die grond is, in
oplossing gaan en toksies word vir plante.
Plantvoedingstowwe se plantbeskikbaarheid neem
af by baie suur toestande, wat verlaagde opbrengs
veroorsaak.
Landboukalk moet aan sekere vereistes voldoen
om die nodige reaktiwiteit in die grond te hê om
die suur effektief te kan neutraliseer. Die twee
belangrikste vereistes is:
→ Chemiese suiwerheid: Die vermoë van die
produk om wel suur te kan neutraliseer; en
→ Fynheid: Die fisiese beginsel van hoe fyner ʼn
produk is, hoe groter oppervlakte het daardie
produk om met grond en grondwater te reageer.
Metodes
Tydens die laaste vyf maande van 2016 is ʼn
potproef met koring daarin geplant by die
Departement Geologie en Grondkunde van die
Noordwes Universiteit se Potchefstroom kampus
gedoen. Die doel van die proef was om die
neutraliseringsvermoë van konvensionele poeier
dolomietiese kalk met ‘n kommersiële beskibare
gekorrelde dolomietiese kalk te vergelyk. Die
poeierkalk is vooraf met die grond vermeng
voordat dit in die potte geplaas is om die indis van
kalk wat oor ʼn land gestrooi is, te simuleer. Die
korrelkalk is in ʼn ry, 5cm diep, in die pot toegedien
om die bandplaas van korrelkalk met plant te
simuleer. Vier verskillende peile kalk is vir beide
die poeier- en korrelkalk gedoen. ʼn Suur grond
met ʼn pH(H 2 O) van 5.2 is vir die proef gebruik.
Geen kunsmis is tydens die proef toegedien nie, om
die effek wat kunsmis op grond pH mag hê, uit te
skakel. Die potte het buite gestaan en is deur reën
en met gedeïoniseerde water benat. Na afloop van
die proef is die grond pH op 5cm, 15cm en 25cm
dieptes gemeet.
Resultate
Die resultate wat in Tabel 1 aangedui word, is die
ekwivalent van 1 ton kalk per hektaar vir beide die
poeier- en korrelkalk.
Tabel 1
Tipe kalk
Diepte van grond-pH gemeet
5 cm 15 cm 25 cm
Poeier 6.7 6.7 6.6
Korrel 6.1 4.8 4.6
Die resultate wys dat ʼn verandering in die pH
van die grond in diepte, afhang van die vorm/
toediening van die kalk.
Gevolgtrekking
Die volgende waarnemings kan uit die data gemaak
word:
❶Met die poeierkalk was daar geen betekenisvolle
verskille in die pH van die grond oor die
verskillende dieptes van die pot nie.
❷Daar was ʼn betekenisvolle verskil tussen die
boonste 5cm van die grond tussen die poeier- en
korrelkalk. Die poeierkalk se pH was betekenisvol
hoër as dié van die korrelkalk in die boonste 5cm.
❸By die korrelkalk was die pH in die boonste 5cm
van die grond betekenisvol hoër as by die 15cm
en 25cm dieptes. Dus het die korrelkalk nie ʼn
invloed op die ondergrond of die neutralisasie
daarvan gehad nie. Die twee pH’s op 15cm en
25cm diepte het ook nie statisties betekenisvol
van mekaar verskil nie.
❹Tydens monsterneming van die grond aan die
einde van die proef is gesien dat die kalkkorrels
nie in die grond opgelos het nie. Figuur 1 toon
ʼn foto van die korrelkalk nog onopgelos in die
grond, nadat dit ±4 maande in die grond was.
Uit hierdie resultate kan die gevolgtrekking gemaak
word dat die korrelkalk nie so effektief soos die
konvensionele poeierkalk was nie.
Die fynheid van kalk is ʼn baie belangrike vereiste
vir die effektiewe neutralisering van suur in grond.
Die feit dat die korrelkalk nie met die grond
vermeng het nie, dra daartoe by dat die pH laer-af
in die pot nie geneutraliseer is nie. Teoreties is
daar aanloklikhede by bekalking met korrels, wat
in hierdie geval nie waargeneem was nie. Verdere
toetswerk sal poog om optimalisering van die
korrelbindmiddel te verkry om dispergering te
fasiliteer.
Figuur 1: Korrelkalk
nog onopgelos in grond
na ongeveer 4 maande
in die grond