Graslander Uitgawe 3: Nampo | Page 4

ARTICLE ONDERGROND VERSURING Carl Bierman van Sidi Parani Ondergrond versuring en Aluminium vergiftiging is ‘n groot probleem in die droëland mielieverbouingstreke in Suid- Afrika O ndergrondsuurheid en hoë suurversadigingsvlakke word toenemend waargeneem in die mieliestreke van Suid-Afrika. Hierdie probleem inhibeer wortelontwikkeling van die gewas, wat weer ʼn direkte verlaging in die groeikragtigheid van die plant tot gevolg het. Die gebruik om gips en landboukalk in ʼn mengsel te gebruik, het in baie lande nou algemene gebruik geword. Dr Malcolm Sumner het navorsing gedoen in Florida, VSA in 1989 oor die opbrengsverhogings wat verkry is deur gips met kalk te meng en op die oppervlak van die grond toe te dien. Daar is gevind dat die wortels baie beter ontwikkel het waar gips bygevoeg is by landboukalk. Die grondstruktuur het verbeter en opbrengste het verhoog. ‘n Verklaring vir hierdie verbetering in die gewasprestasie is aan verskeie effekte toegedig. Toename in die kalsium (Ca)-inhoud van die ondergrond Komplekse verbindinge tussen die aluminium, sulfate (SO 4 ) en fluoried (F) wat die toksiese Al 3+ van die grond verminder. Die ioonuitruiling van SO 4 - vir hidroksiel-ione op die oppervlak van die klei (seskwioksiedes). Die reaksie word ook “self-liming” genoem Verbinding tussen SO 4 en Al wat Al minder toksies maak. Die fluoried in die gips verbind ook met Al 3+ om sodoende die toksiese Al te verwyder in die oplossing. SA se gips kom uit die mineraal Fluorapatiet en bevat baie fluoried. Figuur 1 toon die wortelprofiel van ʼn lusernproef a=kontrole, b= gips, c= kalk en d= kalk en gips Die positiewe werking van ʼn gips/kalkmengsel het ʼn baie groot effek op grond- bone. Sien Figuur 2. In Suid-Afrika is daar min of feitlik geen natuurlike gips-ertsafsettings nie en die gips wat hier beskikbaar is, is afkomstig van die vervaardigingsproses van fosfaat en word dikwels fosforgips genoem, om die oorsprong aan te dui. Die feit dat die produk deur ʼn industriële proses gegaan het en gevolglik baie fyn is, dra daartoe by dat dit hoogs oplosbaar is en saam met water in die profiel beweeg. 2 Graslander Maart 2017 Figuur 2: Die effek van kalk en gips op wortelontwikkeling by grondbone