Graslander Uitgawe 3: Nampo | Page 11

NEUTRALISERING

VAN GRONDSUURHEID

TEGNIES
Vervolg van Bl 7 of klonte kan vorm wat ʼn harde kalsiumkarbonaatlagie
aan die buitekant vorm . Hierdie lagie rem die verloop van die chemiese reaksie wat grondsuurheid moet neutraliseer .
Gips Gips ( CaSO 4
) is ʼn neweproduk van die kunsmisbedryf . Dit is ʼn neutrale sout wat normaalweg geen effek op die grond se pH het nie . Dit voorsien kalsium , swael en ʼn bietjie fosfor as plantvoedingselemente en is redelik wateroplosbaar , teenoor kalk wat vir alle praktiese doeleindes onoplosbaar is .
In hoogs verweerde grond , waarvan die ondergrond natuurlik suur is , soos in hoë reënvalstreke , en waarvan die klei-inhoud meer as 20 % is , bevat die grond heelwat seskwioksied ( aluminium- en ysterhidroksied ). In hierdie gevalle kan gips toegedien word en toegelaat word om in die grond in te loog . Sulfaatuitruiling vind plaas waar dit OH - -ione in die grondoplossing laat . Hierna reageer dit soos kalk om water ( H 2
O ) en koolstofdioksied ( CO 2 ) uit die suur in die grond te vorm .
Dit is die sogenaamde proses van “ selfbekalking ”. Dit is in hierdie streke effektief om ondergrondse suurheid teë te werk . In gronde sonder beduidende hoeveelhede seskwioksied kan gips gebruik word om die suurversadiging ( suur op die uitruilkompleks ) van die ondergrond te verlaag deurdat dit kalsium tot die grond voeg . Dit sal egter nie ʼn betekenisvolle effek op die pH van dié grond hê nie .
SAMEVATTING
Landboukalk in sy verskillende vorme is doeltreffend om grondsuurheid te neutraliseer . Hoe fyner dit is en hoe beter dit vermeng word , hoe meer kom dit in kontak met die suurheid en hoe beter kan dit die suurheid neutraliseer . Neutralisering van grondsuurheid het ʼn groot effek op plantegroei deurdat dit die opname van plantvoedingstowwe verbeter .
BRONNELYS Fertiliser Association of Southern Africa ( FERTASA ), 2016 . Bemestingshandleiding . Agtste Hersiene Uitgawe . Posbus 75510 , Lynnwoodrif , Suid-Afrika . Tisdale SL , Nelson WL , Beaton JD & Havlin JL , 1993 . Soil Fertility and Fertilizers . Fifth edition . Macmillan Publishing Company . New York .
REDSEPTEMBER / JB1268 / ENG
John Deere Precision Ag . Improving customer ’ s operations .

OUR HERITAGE - YOUR FUTURE .

# ourheritageyourfuture
Visit us at Nampo 2017 to find out more about how our technology can help you increase productivity , increase efficiency and save on costs .
John Deere Connected Support . Improving customer ’ s uptime .
Customer Care number : 080 098 3821 www . deere . co . za | Africa @ Johndeere . com | # JohnDeereAfrica