Graslander Uitgawe 2: Somer | Page 5

ALGEMEEN KLEIMINERALE IS NOODSAAKLIK D VIR LEWE OP AARDE it is redelik bekend dat grond bestaan uit sand, slik en klei. Sand is die gedeelte waar die deeltjies tussen 2 en 0,05 mm in deursnee is. Slik verteenwoordig die gedeelte wat tussen 0,05 en 0,002 mm in deursnee is en klei is die gedeelte wat kleiner as 0,002 mm in deursnee is. Dit is daarom verstommend dat die meeste (meer as 95%) van alle chemiese reaksie op die oppervlak van die kleideeltjie plaasvind Die kleideeltjie beskik oor ’n negatiewe lading (kan soms ook oor ’n positiewe lading beskik) en katione soos Ca (kalsium), K (kalium), Mg (magnesium) en ander word aangetrek deur die kleideeltjie. Plantvoeding geskied deurdat die plant van hierdie elemente vanaf die kleideeltjie opneem (deur ’n proses van ioonuitruiling). Daar is so ’n groot aantal chemiese reaksies wat om die kleideeltjie plaasvind. Die kleideeltjie kan met reg beskryf word as die energiebron van lewe. Die kleideeltjies is verweringsprodukte vanaf gesteentes en dit is dan ook die rede vir die groot verskeidenheid van kleiminerale. grondmonster. ’n Grondige kennis van die minerale is soms nodig om te bepaal watter invloed die mineraal op die beskikbaarheid van plantvoedsel sal hê. Een van die kleisoorte, naamlik Illiet, sal K (kalium) wat as ’n misstof toegedien word, in sy kristalstruktuur opneem en onbeskikbaar maak vir op­name deur plante. ’n Ander groep van kleiminerale, wat die smektiete (Montmorillo­niet groep) genoem word, swel weer wanneer dit nat word en krimp as dit droog word. Hierdie beweging van die grond kan groot skade aan konstruksies soos paaie en geboue tot gevolg hê. Omdat hierdie deeltjies so klein is, is die identifisering van die kleimineraal baie duur en tydsaam. Kleiminerale kan rofweg in 5 klasse gedeel word met baie variasie in elke groep. Daar is gewoonlik ’n groot verskeidenheid van die minerale teenwoordig in elke Saamgestel deur Carl Bierman, Bedryfshoof Landboukundige Dienste, Sidi Parani Daar is kleiminerale op Mars en die maan Europa (een van Jupiter se mane) geïdentifiseer. Daar is reeds bewys dat geen lewe op aarde volhoubaar sou wees as dit nie vir die kleideeltjie was nie.