Graslander Uitgawe 1: Nampo | Page 6

VOORUITSIG KLIMAATVOORUITSIGTE VANAF MAART 2016 Met die verloop van die 2015/16 seisoen kyk ons met groot afwagting vooruit op wat die nuwe seisoen vir ons gaan inhou. Die 2015/16 seisoen is ’n moelike droë seisoen vir die westelike mielieproduserende gedeelte van Suid-Afrika, met baie wisselvallige neerslae wat nie altyd op die regte tye gekom het nie. D ie vooruitsig is dat die El Niño toestande verder sal verswak na ’n meer ENSO-neutrale toestand wat vir ons ’n beter seisoen in die vooruitsig sal stel. In Grafiek 1 word die waarskynlike ordegrootte van die voorkoms van die La Niña, El Niño en Neutrale toestande aangedui vanaf Februarie tot Oktober 2016. Die vooruitsigte vir die 2016/17 seisoen blyk beter daar uit te sien. Die moontlikheid van ENSOneutrale toestande neem geleidelik toe met ’n draaipunt rondom Julie 2016, wat ‘n afnametendens toon as gevolg van die waarskynlikheidstoename van La Niña toestande wat verhoog na November toe. Die La Niña toestande het gewoonlik vir ons die vooruitsig dat daar natter as normale toestande sal wees gedurende die heersende La Niña toestande. Die meeste grondprofiele is redelik droog hierdie seisoen en die vooruitsig van natter as normale, La Niña toestande sal verwelkom word. Die uiters hoë temperatuurafwyking wat voorgekom het sal normaliseer tot nader aan normale temperature met die vooruitsig dat dit selfs kan draai na koeler as normaal. Deeglike beplanning rondom plantdatums moet oorweeg word met die moontlikheid dat hitte-eenhede in die nuwe seisoen laer as normaal kan wees. Samevatting Die vooruitsigte is dat daar normale tot natter as normale toestande verwag kan word vir die winter en die lente van 2016 in die westelike en oostelike mielieproduserende gedeeltes van Suid-Afrika. Die verwagte temperature wyk nie baie van normaal af nie en dit is goeie nuus vir produsente. Grafiek 1: Grafiese vergelyking van ENSO 3.4 sone toestande Maart 2016 Saamgestel deur: Esmond Coen (Bemarking/Produkbestuurder). Grasland Ondernemings – Verskaffers van lanbou- en voerkalk. Met erkenning aan die Wêreld Meteorologiese Organisasie, GFCSA en WNNR 6 Graslander Maart 2016