HOOFSTORIE
DIE REGTE BEKALKINGSPROGRAM
ONTSLUIT GRONDVRUGBAARHEID
Die pH van grond gee sommer baie meer
inligting oor die grond en die toestand
daarvan as wat met die eerste oogopslag
verwag word.
D
ie pH is ‘n skaal van 1 tot 14 en is
die omgekeerde logaritme van die
waterstof (H+) ioonkonsentrasie.
Hoe laer die pH hoe suurder die
grond. ‘n pH 7 is neutraal en bokant 7 dui op ‘n
alkaliese toestand. ‘n Alkaliese toestand dui weer
op ‘n oormaat van OH-ione. Die norme wat
wêreldwyd gebruik word is as volg:
Uiters suur: < as 4.5; suurlemoen = 2.5 ; asyn = 3
Baie suur: 4.5 – 5.0; bier = 4.5- 5.0; tamatie = 4.5
Sterk suur: 5.1- 5.5; wortels = 5.0; aspersies = 5.5
Matig suur: 5.6- 6.0; aartappels = 5.6
Effens suur: 6.1- 7.3; beesmelk = 6.5
Neutraal : 6.6- 7.3; speeksel = 6.6- 7.3; bloed = 7.3
Effens alkalies: 7.5- 7.8; hoendereiers = 7.6 – 7.8
Matig alkalies: 7.9 – 8.4; seewater = 8.2
Sterk alkalies: 8.5 – 9.0; boraks = 9.0
Baie sterk alkalies: > 9.1; ammoniak = 11.1
Die pH hierbo is in gedistilleerde water (H2O)
gemeet. Die pH van grond word ook dikwels in ‘n
oplossing van kaliumchloried (KCl) gemeet en dié
waarde is gemiddeld 0,8 laer as die pH gemeet in
water. Waar daar nie duidelik na pH (KCl) verwys
word nie, word aangeneem dat daar verwys word
na pH in water gemeet.
Grond-pH se invloed op die beskikbaarheid van
voedingselemente in die grond.
Daar is sewentien noodsaaklike voedingselemente
vir plante en veertien van hierdie elemente word
deur die grond opgeneem. Die pH van die grond
sal dus ‘n baie groot invloed op die beskikbaarheid
van hierdie plantvoedingselemente hê. Figuur
1 toon die optimum beskikbaarheid van die
plantvoedingselemente by verskillende pH’s. Dit
is belangrik om te onthou dat hierdie slegs ‘n
4
Graslander Maart 2016
algemene riglyn is. Daar is plante
soos azalias, rhododendrons
en konifere wat ‘n baie sterk
verdraagsaamheid vir suurgrond
toon en ook ‘n weerstand teen
aluminiumtoksisiteit het. In
alkaliese gronde is daar weer die
probleem dat elemente soos yster,
koper, mangaan en boor minder
oplosbaar word.
Figuur 1: Skematiese voorstelling van die opneembaarheid
van elemente deur plante by verskillende grond-pH-waardes.
Fosfor, wat een van die belangrikste
plantvoedingselemente is, kan
by ‘n pH van ± 6.5 maklik deur
die plant opgeneem word. As
die pH daal tot 5 sal die plante
fosfaattekorte ondervind weens
die onoplosbare toestand van
fosfor by hierdie lae pH. Dit
beteken dat ‘n boer tevergeefs
fosfaatkunsmis toedien as die
pH te laag is en die toegediende
fosfaat nie opneembaar is nie.
Wanneer die pH van grond weer
te hoog styg (pH bokant 8), is die
Foto 1 toon die effek van uiterste suur toestande in die
fosfaat ook minder beskikbaar
ondergrond wat tot gevolg het dat aluminium toksies word
vir plante omdat die fosfaat
en die mieliewortels nie in die ondergrond kan inkom nie.
beweeg van monokalsiumfosfaat
Die oespotensiaal is gevolglik erg geknou.
na dikalsiumfosfaat en
trikalsiumfosfaat wat
onderskeidelik water