CJ Langenhoven
Dié groot Afrikaanse skrywer is op
12 Augustus 1873 te Hoeko in die
distrik van Ladismith (Kaap)
gebore. Hy word grootgemaak
deur sy pa se broer en sy vrou en
word op jong ouderdom reeds
geboei deur die natuurskoon,
sowel as deur die eg Afrikaanse
gees van sy ouerhuis en die
gesinne in die omgewing.
Hy studeer Regte en vestig hom
later jare op Oudtshoorn, waar hy
as prokureur werksaam is. Hy
begewe hom ook in die politiek en
word lid van die provinsiale raad,
parlementslid en senator.
Aanvanklik skryf hy in Engels, maar
begin mettertyd 'n stryd om die
erkenning van Afrikaans te voer.
Langenhoven, die woordkun-
stenaar, durf 'n ryke verskeidenheid
temas en genres aan, sodanig dat
22
16
Die Afrikaanse TAALSKRIF
hy in die Afrikaanse letterkunde
met reg 'n baanbreker genoem kan
word. Hy gaan selfs taalskeppend
te werk, soos blyk uit verskeie
woorde wat hy aan die Afrikaanse
taal geskenk het. Hy het 'n
geweldige werkywer gehad en kon
binne 'n paar dae werke van groot
omvang laat verskyn.
Een van die verdienstes van
Langenhoven, waardeur hy 'n
figuur van kultuurhistoriese
betekenis geword het, lê daarin dat
hy die Afrikaners wyd leer lees het.
Hy is op 15 Julie 1932 oorlede.
Sy omvangryke letterkundige
nalatenskap word ná sy dood
byeengebring in sestien lywige
boekdele van ongeveer 400
bladsye elk, onder die titel
Versamelde werke van
CJ Langenhoven.