FL INK MET GESKIEDENIS
Daar kom die Alibama
“Daar kom die Alibama” is 'n
tradisionele volksliedjie wat in die
oorspronklike FAK-sangbundel
ingesluit is.
Die Alibama is eintlik die
Amerikaanse oorlogskip, die CSS
Alabama, maar in die Kaapse
volksmond het dit die Alibama
geword. Gedurende die
Amerikaanse Burgeroorlog was die
CSS Alabama deel van die
Gekonfedereerde State van
Amerika se vloot, maar pleks
daarvan dat sy direk teen die
Noordelike oorlogsvloot ingespan
is, het sy die noordelike oseane
deurkruis op soek na handelskepe.
Hierin was sy uiters suksesvol en
deur handelskepe te kaap, het sy
wêreldbekendheid verwerf.
Die CSS Alabama is in 1862 in die
geheim deur John Laird Sons and
Company in B irkenhead in die
noorde van Engeland gebou in
opdrag van die Gekonfedereerde
State. Die skip is op 15 Mei 1862 te
water gelaat en het aanvanklik as
die Enrica bekend gestaan. Sy was
67 meter lank, is met 'n stoomenjin
met 'n skroef aangedryf en het agt
kanonne en 144 bemanningslede
gehad. Nadat sy te water gelaat is,
het sy na die Azores geseil, waar
sy na die Gekonfedereerde State
oorgedra is en op 24 Augustus
1862 tot die CSS Alabama herdoop
is. Weens die blokkade van die
Gekonfedereerde State se hawens
deur die Unie-vloot kon die
Alabama nie een keer by 'n
Gekonfedereerde hawe aandoen
nie. Daarom moes sy van neutrale
hawens, soos Kaap-stad, gebruik
maak. Gedurende haar vaart kaap
sy 65 Unieskepe en word meer as
200 krygsgevangenes geneem
sonder dat hulle enigsins leed
aangedoen is. Hulle is trouens
goed behandel en veilig in neutrale
hawens of aan neutrale skepe
besorg.
Op 11 Junie 1984 kom sy by die
Franse hawestad Cherbourg aan
en toestemming word gegee dat sy
in die droogdok herstel kan word.
Die Noordelike vloot hoor egter
hiervan en die USS Kearsage
bereik Cherbourg omtrent dieselfde
tyd.
Sy blokkeer die ingang na die
hawe terwyl daar op versterkings
gewag word. Kaptein Semmes, wat
toe in beheer van die CSS Alabama
was, stuur 'n uitdagende boodskap
deur middel van diplomatieke
kanale aan die USS Kearsage. Op
19 Junie 1864 vind die geveg plaas
en omdat die Kearsage se vuur
meer akkuraat was, was dit
eensydig, veral omdat die Alabama
sonder die nodige herstelwerk
moes klaarkom. Binne
'n uur het die Alabama begin sink;
met 21 bemanningslede dood en
20 gewond.
Die liedjie het ontstaan terwyl die
CSS Alabama in Kaapstad
aangedoen het om nuwe voorrade
aan te koop, maar ook sodat
gebuite skepe verkoop kon word,
en daar word in die liedjie na die
Alibama verwys.
Tannie Poppie deel met
ons 'n paar resepte vir
Uit Poppie se Kombuis
heerlike padkos!
Taai hoendervlerkies
Skotse eiers
Genoeg vir 16
BESTANDDELE
BESTANDDELE
50 ml braaisous
25 ml blatjang
25 ml tamatiesous
10 ml sojasous
10 ml heuning
16 hoendervlerkies
METODE
nou
d
swy
land baar
k
i
besk
Altyd 'n wenner!
Meng die braaisous, blatjang,
tamatiesous, sojasous en heuning
saam in 'n mengbak.
Plaas hoendervlerkies in 'n oondbraaibak.
Gooi sous oor die vlerkies en meng dit
goed deur.
Laat staan vir 1 uur.
Verhit die oond tot 180°C.
Plaas die vlerkies in die oond en
oondbraai sowat 1 uur tot gaar en
goudbruin.
1 ui, fyngekap
Sonneblomolie om in te braai
700 g maer beesmaalvleis
5 ml droë gemengde kruie
2 ml knoffelpoeier
2 eiers, geklits
Sout en peper na smaak
190 ml vars broodkrummels
6 eiers, hardgekook
1 pak (250 g) spekvleisrepe
METODE
Voorverhit die oond tot 180°C.
Soteer die ui in 'n bietjie olie tot deurskynend.
Meng met die res van die bestanddele, behalwe
die hardgekookte eiers en spek.
Voeg 'n klein broodpan met die spekvleisrepe uit.
Druk die helfte van die vleismengsel in die pan.
Pak die eiers in 'n ry bo-op.
Druk die res van die vleismengsel op die eiers.
Vou die spekvleisrepe toe en bak 25 minute lank.
Die Afrikaanse TAALSKRIF
21