flink ink | November 2017 | Page 2

e i s n a k a v s a a l jou p n hier begi DIE FAK UDOLPHO JEUGPLAAS STREK OOR 265 HEKTAAR OP DIE OEWERS VAN DIE VAALRIVIER NET BUITE PARYS. DIE ONTSPANNE PLAASATMOSFEER IS PERFEK VIR ’N VINNIGE WEGBREEK UIT DIE STAD, MET HEERLIKE VERMAAK VIR OUD EN JONK, VIR GROOT EN KLEIN GROEPE. As jy moeg raak vir die lewe in die stad, kies dan die wandelpad... of geniet bloot die heerlike swembad, trampolien, minigolf- en volleybalbane, of al die pret wat die Vaalrivier bied, van visvang tot binnebandry. Of jy dus net wil wegraak in jou leesboek of die adrenalien wil laat klop... Udolpho is vir jou! Jeugplaas Udolpho bied die volgende fasiliteite: - 14 ten volle toegeruste, selfsorgeenhede wat tussen 2 tot 11 persone kan akkommodeer; - Slaapsale, konferensiesaal en volledig toegeruste kombuis met 'n eetsaal vir groepe; - Kampplek vir tente en karavane. Deur jou ondersteuning maak jy dit vir die FAK moontlik om jeugontwikkelings- programme op Udolpho Jeugplaas te befonds. Jou vakansie – 'n belegging in ons toekoms! Kontak Trudie Stevens Tel 056 818 1197 Sel 082 551 7262 E-pos [email protected] Web www.udolphojeugplaas.co.za GPS koördinate S26' 53.079 O27'30.003 FAK-v rie kan to nde t 40% afslag ontva ng!