Wenners teen wenners
Op 21 Oktober 2017 is daar
geskiedenis gemaak op kykNET NOU!
(DStv-kanaal 146) toe 12 laerskoolkore
vir die eerste keer in Suid-Afrika
regstreeks op televisie deelgeneem het
aan 'n koorkompetisie, Sing in
Harmonie.
Sing in Harmonie is reeds vir die vyfde
jaar aangebied en sedert 2017 word
die kompetisie met trots deur die FAK
as kultuurvennoot ondersteun.
Die afgelope vyf jaar se wenners het
regstreeks teen mekaar meegeding vir
die nasionale titel as laerskoolkoor van
die jaar. Die struktuur van die
kompetisie het daartoe gelei dat
wenners teen wenners kompeteer en
dus is dit die room van Suid-Afrika se
skoolkore. Die laerskole wat
deelgeneem het, is Constantiapark
(Junior en Senior), Wonderboom,
Kruinsig, Kameeldrift, Pretoria-Oos,
Wierdapark, Anton van Wouw (Junior
en Senior), Goodwood Park, Kenmere
en Curro Aurora.
Dit is vanjaar 80 jaar sedert die eerste
FAK-Sangbundel verskyn het (1937-
2017). Deel van die mylpaal se vieringe
het elke dirigent die nuwe FAK-
Sangbundel ontvang wat hulle kon
terugneem skool toe om die Afrikaanse
musiekerfenis aan die jeug oor te dra.
Met hierdie bundel en liedjies kan ons
kinders op die lirieke van Afrikaanse
musiek in die toekoms baljaar.
Suid-Afrika se top laerskoolkore is:
• Laerskool Kruinsig (Kykerskeuse)
• Laerskool Anton van Wouw (Junior)
• Laerskool Anton van Wouw (Senior
Informeel)
• Laerskool Kenmere (Senior
Formeel)
Die volgende pryse was op
die spel:
• ' n Klavier ter waarde van R40 000,
geskenk deur Bennie Dekker
Klaviersentrum
• R10 000 kontant vir elke
kategoriewenner (Junior, Senior
Formeel en Senior Informeel)
• Elke dirigent ontvang die nuutste
FAK-Sangbundel (Volume 2,
Uitgawe II)
• Elke kategoriewenner ontvang 'n
10-snit CD-opname ter waarde van
R20 000
• Elke deelnemer ontvang 'n FAK-
deelnamesertifikaat
Die kleurryke kompetisie sal sy talent in
2018 weer met kykNET NOU! kykers
deel. Hou ink dop om te sien wanneer
jy kan inskakel.
Stemwysie van
Heidi leef voort
Die immer gewilde Afri-Duetfees is vanjaar
op 20 Oktober aangebied by die ZK
Matthewsteater te Pretoria. Dié fees word
reeds vir vier jaar deur die Gereformeerde
kerke Andeon en Bergsig aangebied.
Tydens die fees tree kunstenaars in
duetformaat op en bied vir die gehoor 'n
luisterryke ervaring.
'n Hoogtepunt tydens vanjaar se Afri-
Duetfees was die FAK Prestige-toekenning
wat aan Carike Keuzenkamp oorhandig is
vir haar positiewe bydrae tot Afrikaanse
musiek vir 'n loopbaan wat strek oor die
afgelope 50 jaar.
Dr. Danie Langner, Besturende Direkteur
van die FAK het vertel dat dié toekenning
nie net aan Keuzenkamp oorhandig word
omdat ons 'n liefde gekry het vir ons taal
en kultuur deur haar liedjie