flink ink | November 2017 | Page 15

My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou Resensie deur: Christa Steyn John Chapman, met die titel Not Now Darling, geskryf en aanvanklik deur Wim Vorster vertaal. Lefra Produksies, wat ook die suksesvolle Groet die Grotman en Daa'Gaat die Bruid op die planke gebring het, het vanjaar weereens gesorg vir groot vermaak met My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou. Frans Swart, wat bekend staan as Suid-Afrika se klugkoning, het die regie en teksverwerking behartig. Die teks is oorspronklik deur Ray Clooney en Gebeure speel in Schaap, Schaap en Zuma se swierige pels-salon in Sandton af. Die ekstrovertiese Arno Schaap, gespeel deur Wynand van Vollenstee, besluit om 'n wulpse ontkleedanseres, Janie (Jennifer Myburg), met 'n peperduur pelsjas te verlei, maar dan besef hy dat haar man, Harry Vlok, gespeel deur Phillru van Achterbergh, onheil sal vermoed as sy met die jas by die huis opdaag. Wanneer Arno die prys verlaag, en Janie se man dit vir sy skelmpie, Sue Knoll (Anel du Plessis) koop, is dit slegs die begin van 'n hele rits skreeusnaakse gebeure. Die res van die rolverdeling sluit Ana van Achterbergh, Botha Enslin, Marissa Claasen, Francois van Rensburg, Rouel Beukes en Elma Potgieter, in. Swart erken dat hy al aan vele maltrap produksies gewerk het, maar dat híérdie een sonder twyfel die 'malste' klug van almal is. *My man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou is vanaf 28 November tot 2 Desember te sien by die Atterbury Teater. Kaartjies beloop R160/R180 en is by Computicket beskikbaar. Vir meer inligting en besprekings besoek die webblad of skakel 012 942 5951. DIE NAG VAN LEGIO Albert Maritz trek in 2017 'n nuwe baadjie vir PG du Plessis se debuut-roman, Die Nag van Legio (1969), aan. In 1969 het die roman groot opslae gemaak met ongekende taalgebruik en kwessies wat die publiek ongemaklik gelaat het. Maar ten spyte hiervan het dit destyds groot sukses in teaters behaal. Dié sielkundige riller het onderskeidelik in 1970 en 1972 vir Du Plessis die WA Hofmeyr-prys en die Hertzogprys in die sak gebring. af wat deur die verloop van die aand deur 'n vyfde pasiënt begroet word. Pasiënte is slegs pionne in die stryd tussen goed en kwaad en die universele temas wat aangeraak word, naamlik massahisterie, demoniese besitname, magspel en manipulasie en die onderwerping van die individu, is vandag net so relevant soos 44 jaar gelede toe die drama vrygestel is. Resensie deur: Christa Steyn *Die Nag van Legio is vanaf 14-19 November 2017 te sien by die Kunstekaap Teater. Kaartjies beloop R120 p.p. en is beskikbaar by Computicket. Geen o/18's word toegelaat nie. Vanjaar stof Maritz, wat verantwoordelik is vir die regie, hierdie roman af én bring vernuwing met 'n paar komiese elemente. Na die suksesvolle speelvakke by die afgelope jaar se Innibos en Vrystaat Kunstefeeste, kan Kapenaars ook nou hul kunstevere regskud vir die verhoogproduksie wat vanaf 14-19 November by die Kunstekaap Teater te sien is. Die bekroonde rolverdeling sluit Andre Roothman, Gerben Kamper, Duncan Johnson, Deon Lotz, Francois Jacobs, Rian Visman, Hein Poole en Francois Potgieter in. Gebeure speel in 'n saal met vier geestelikversteurde pasiënte Die Afrikaanse TAALSKRIF 15