flink ink | November 2017 | Page 13

Hartsklanke van die vakansie Pieter Cloete Baie van my vakansie-avonture kan ek baie goed onthou, danksy musiek wat my op die avonture vergesel het. Net nou die dag hoor ek 'n lied op radio wat ek baie lanklaas gehoor het, en dié het my dadelik teruggevat in tyd. Zinkplaat – Piekniek op die maan. Dit was 'n heerlike somersmiddag op 'n wynplaas in Helderberg saam met iemand spesiaal. Dit was rooiwyn en liefde op die eerste oogopslag. Dié liedjie het in die agtergrond gespeel op my eerste iPhone. Snaaks hoe musiek jou weer kan laat dagdroom en terugvat in tyd. Dit kan herinne- ringe vasvat en die goeie (en slegte) tye kan terugspeel soos 'n ou grammofoonplaat. Of jy nou die langpad deur die Karoo gaan aandurf of 'n naweek wegbreek in die bosveld, musiek gaan saam (of jy dit nou ingepak het of nie). Hier is my vyf gunsteling albums van 2017 wat die pad na jou bestemming meer aangenaam kan maak (of dalk agtergrondmusiek as jy daai eerste vakansie-braaivleisvuur aansteek). ------------------------------------------------- Steve Hofmeyr – Skree Steve het vanjaar sy 30ste album opgeneem met die titel, Skree. Sy nuutste enkelsnit vanaf dié album is tans op verskeie top 20 trefferparades. Die album sluit liedjies in soos: “Feeslied”, “Skree” (Steve Hofmeyr & Riana Nel, “Val In My”, “Breek Jou Belofte”, “Ek Is”, “Hoe Maak Ons Nou”, “Langkoebaai”, “Loper”, “Net Mooi Bogerol Fogerol Niks”, “Sondaars”, “Voetsekdag”, “Goverment Song” en “Red Gebed”. ------------------------------------------------- Refentse – Deur my venster Hierdie is Refentse se tweede album, met 'n paar liedjies wat hy self geskryf het soos “Vuil Vanderbijl”, “Anoret”, “Melans MNel”, “Jané vir my”, “Alles my nou” en “Sal jy?”. Die album sluit ook die volgende liedjies in: “Lalie”, “Stuur Groete Aan Mannetjies Roux”, “Sprokie Vir 'n Stadskind”, “Piekniek Vir Twee”, “Engel”, “Pennies Op Die Spoor”, “Transkaroo”, 'n Anton Goosen Medley, 'n David Kramer Medley en “Breyten Se Brie”. -------------------------------------------------- Liezel Pieters – Sing my hart uit Liezel Pieters is 'n sangsensasie wat 'n geruime tyd reeds gehore verstom met haar fenomenale vernuf en veelsy- digheid. Nou is dié Krone- en 4Werke- gunsteling se debuutalbum uiteindelik hier! Sing my hart uit is 'n album wat in 15 snitte van pure bederf die aller- beste van een van Suid-Afrika se mees opwindende nuwe talente tentoonstel – 'n ryke en unieke vermenging van pop, country en selfs 'n tikkie rock. Hierdie CD sluit liedjies in soos: “Droë Riviere”, “Asemloos (Believing)”, “Gooi Jou Liefde Op My Neer”, “Heaven Is Here”, “Miljoene Druppels”, “Nagskof Opskop” (Snotkop & Liezel Pieters), “Lekker-Lyf-Lekker”, “Meer as Net Vriende”, “Making Love Out of Nothing At All”, “Just a Fool” (Ray Dylan & Liezel Pieters), “Dans Dat Die Stof So Staan”, “Sing Jou Hart Uit”, “Wie Jy Is”, “Show Me Heaven” en 'n Bonnie Tyler Medley. -------------------------------------------------- Kaleidoskoop – Gunsteling seisoen Die talentvolle akoestiese musiek- groep, Kaleidoskoop, het dit reggekry om die afgelope tien jaar die harte van musiekliefhebbers regoor die land te verower. Hierdie Huisgenoot Tempo- bekroonde (Beste Kontemporêre Album 2012) en Ghoema-genomi- neerde (Nuweling van die Jaar, Beste Kontemporêre Album, Musiekvideo van die Jaar) sang-duo is self verantwoor- delik vir elke aspek van hulle musiek en bied aan luisteraars 'n hoendervleismooi akoestiese klank, vermeng met 'n magiese kombinasie van melodieë en instrumente – wat nie net aanklank vind by gehore van alle ouderdomme nie – maar ook getuig van hulle talent, passie en sinergie. Gunsteling seisoen sluit in “Vlugvoe- tig”, “Gunsteling Seisoen”, “Jy Langs My”, “Die Goeie”, “Somer-reën”, “Erfgenaam”, “The Call”, “Wegbreek”, “Soms Wonder Jy”, “Mooiste Tyd”, “Dromer”, “Gabriel” en “Fakkels”. ------------------------------------------------- Len Muller – Oog van die storm Len Muller het beslis geen bekend- stelling in die musiekbedryf nodig nie. Hy het een van daardie unieke stemme, wat 'n gehoor in die palm van sy hand hou totdat die laaste noot wegsterf, en het in 'n kort tydjie homself stewig kom vestig in die harte van musiekliefhebbers. Sy tweede studio-album, Oog van die storm, is pas bekendgestel en beloof om nie net voort te bou op sy kenmerkende wenresep nie, maar dit ook te oortref. Hierdie splinternuwe CD kan beskryf word as Afrikaans-akoesties en sluit die klanke van al dié musikant se gunsteling instrumente in – van die banjo en mondfluitjie tot die tjello en akoestiese kitaar. Dit sluit liedjies in soos “Ek Glo”, “Ons Is Een”, “Sing Vir Sente”, “Die Gang”, “Vrede”, “Amsterdam” (feat. Dan Patlansky & Dave Ferguson), “Sweef”, “Oog Van Die Storm”, “Sterrewals”, “Totsiens”, “Wonde” en “Boetie”. Maak hierdie vakansie herinneringe deur jou eie hartsklanke, hetsy dit rock, Afrikaanse pop of alternatief is. Die Afrikaanse TAALSKRIF 13