flink ink | November 2017 | Page 23

KLIK HIER om die volledige kultuurkalender te sien

Eerste georganiseerde jukskeiwedstryd in Suid-Afrika

Die eerste georganiseerde jukskeiwedstryd is op 4 November 1939 tussen die Klein Drakenstein en die KWV-spanne beslis .
Op 25 November 1939 sou die eerste bekerwedstryd tussen agt laers gespeel word . Van hierdie beskeie begin af het die spel gegroei tot die amptelike stigting van die SA Jukskeiraad op 25 Oktober 1940 in die Koffiehuis , Bloemfontein , waar die grondwet en die spelreëls aanvaar is . Die eerste nie-amptelike provinsiale kragmeting is op 2 Maart 1940 in Port Elizabeth gehou tussen die Oos- Kaaplandse Amateur-Boeresportbond en die Vrystaat . Van die stigting van die eerste bond , die Vrystaat op 9 Desember 1939 , het die spel so dramaties ingeslaan dat daar in 1979 22 bonde was afgesien van die Rhodesiese Jukskeiraad en die Jukskei Association of the USA .
Koining George VI van Brittanje speel jukskei op sy besoek aan Suid-Afrika in 1947 .
Die oorspronklike pen was die skei in die juk van die hotvooros wat ' n langer kop en lengte gehad het as al die ander skeie van die res van ' n span osse . Deesdae is die pen rond , staan 50 mm onder die sand en 460 mm bokant die oppervlak daarvan . Die skei se evolusie het van die ou bottelskei , die was-skei , die driekantige en dubbelskei en die koekroller ontwikkel tot die ronde komposisie- ( rubber ) - skei en ' n houthandvatsel met ' n maksimum- en minumumlengte van 460 en 300 mm .
Dit is ' n sosiale en ' n gesinspel . Sy grootste bydrae is sy verryking van ons taal . Uitdrukkings soos “ die wa is in die drif ”, “ klim in die boom ” ( sodat almal jou kan sien as gevolg van ' n besondere prestasie ); en die behoud van begrippe soos “ skof ”, “ trek ”, “ juk ”, “ skei ”, “ touleier ” en “ briekaandraai ” het deur jukskei in die volksmond behoue gebly .

Hoogtepunte op jou kultuurkalender

16 November Ses Snare @ Tarentaal Teater . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

30 November - 3 Desember Afrikaans is Groot Pretoria @ Time Square , Menlyn Maine . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 2 Desember

Aspoestertjie @ Namib Primêre Skool , Swakopmund . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 9 Desember

Coenie de Villiers @ Oude Libertas Amfiteater , Stellenbosch . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

15-16 Desember

Karoo Suite met Coenie de Villiers en Deon Meyer @ Hoërskool Durbanville Ouditorium , Kaapstad
KLIK HIER om die volledige kultuurkalender te sien
Die Afrikaanse TAALSKRIF
23