flink Flink April 2020 - Page 9

F link het Susan Coetzer maande voor die noodgedwonge nasionale inperking ontmoet. Steeds skemer haar positiwiteit deur toe ek onlangs weer met haar kontak gemaak het. “Ek moet erken, dit is vir my baie lekker om in hierdie tyd van inperking nie op die pad te wees en met my motor na al die vergeleë plekke te reis vir werk nie. My worshond, Boytjie, is ook baie bly hieroor. Daar is beslis vir my 'n ligkant omtrent die gedwonge sabbatical – om geforseer te word om te rus en tot stilstand te kom. My siel is al geruime tyd honger vir stilte en rus.” “En nou is ek stil en kan ek rus volmaak. En vir hierdie gift sê ek dankie.” Sy sê die ergste van die korona- pandemie is die emosionele impak en dat sy nie haar familie wat sewe minute weg woon, mag sien nie, veral nie haar tweejarige kleinseun, Frankie, nie. “Ek mis sy warm lyfie en al ons speletjies en pret saam. Dis moeilik want ek kan nie aan hom verduidelik hoekom hy nie meer by sy ouma mag kom kuier nie. Ons doen wel video calls en dan steek hy die hande uit na my. Ek hou vir hom Paaseiers en ander lekkernye wat hy ken, uit en dan eet ons dit kastig. Ek wys ook vir hom 'n paar van sy sagte speelgoeddiere in die kamera en laat hulle ook saam gesels oor die foon. En Boytjie, wat hy goed ken, neem ook deel aan die geselsies, deur hard te blaf.” Frankie beskryf sy as die poeding in haar lewe. Hy is vir haar die soetste en lekkerste geselskap. “'n Nuwe ouma-kamer in my hart het onmiddellik oopgegaan die dag van sy geboorte. Eienaardig hoe vinnig jy diep lief kan word vir so 'n klein nuwe mensie – een met jou bloedlyn in sy are. Klein Frankie, of te wel Vriendjie, is 'n baie vrolike en sosiale kleuter met 'n heerlike humorsin en dramatiese AFRIKAANS 9