flink Flink April 2020 - Page 4

en die Top 10-program wat elke Saterdag uitgesaai word. Sy huis het 'n ouwêreldse sjarme – van die derde generasie vleuel- klavier tot by jonkmanskas (waarin sy platskerm-televisie staan). Die skryftafel wat hy by 'n ou tannie gekoop het. “Die skryftafel het sy staanplek gekry, maar ek het dit eers na twee weke begin ondersoek en deursoek en toe kom ek op die vorige eienaar se man se as af. Dit was nogal creepy; die kruik versier met rosies en die menslike oorskot.” Riaan Grobler H et geen hekel aan ... Die swembad is 'n klein groen plasblad. 'n Tafel en 'n paar stoele versier die klipvloer van die grasdak- lapa. Nou leeg – half ongemaklik – want hy is gemaak om in gekuier te word. Gedaan van voete en laggen- de stemme. Die gras is langer – langer as wat dit voor die ingrendel- tyd was. Die tuinman is nie meer daar om dit kort te hou nie. Dag 5. Nasionale ingrendeltydperk. “Hier is my huis, kom ek gee gou vir jou 'n virtuele toer,” sê Riaan Grobler, akteur, sanger, radio- en televisieaanbieder, selfoon in die hand. Facebook video-onderhoud, die eerste vir hom, die eerste vir dié joernalis. “Hier is my fotomuur.” Kamera verskuif na foto's van hom en bekendes. Laurika Rauch, Lydia Winchester, Annelie van Rooyen. 'n Foto van hom en Wian-Smith tydens die opname van Hollywood, hier kom ek. Van hom terwyl hy aan Boerekos met 'n twist gewerk het. Foto van hom voor die mikrofoon. By Radio Rippel, toe Groot FM en nou Pretoria FM waar hy die voor- ontbytggleuf tussen 5 en 6 aanbied Hy gaan sit-lê op sy Victoriaanse bankie, vat 'n sluk van sy tee, “ek het wel 'n kookprogram aangebied, maar ek kan nie kook nie. Ek lewe van ProNutro. In die verlede, voor die ingrendeltyd, het ek van weg- neemetes geleef óf my vriende het vir my gekook. Ek kan wel bak, maar kook is so boring.” Die laaste woorde uitgerek soos 'n kat wat pas uit sy middagslapie ontwaak het. “Ek was nie een van dáái wat die winkels leeg gekoop het nie.” Sy honde, Noeska de Bruyn (die bruin hond), Timmy de Swart (die swart hond), en hertogin Georgy Elizabeth Winstern snoesel al om sy voete. Dit is net hy en sy honde by sy huis in Kilnerpark in die Pretoriase Moot. En sy hekel- werk. Die man kan hekel, duvets van verskillende kleure, kunswerke, lappies en tafeldoeke word uit sy naald en vingers getoor. “Dis mos nie 'n man se werk nie,” het 'n oom gemopper toe hy die eerste keer van sy kunswerke op Facebook uitgestal het. “Of kruip eerder onder jou kar in en maak iets reg,” het nog iemand gesê. “Gelukkig steur ek my nie aan mense nie. Ek het gehekel en gehekel. Dit vat 'n mens na 'n ander wêreld toe.” Sy mandjie en wol staan langs sy stoel, 'n uitsig op die televisiestel. “Ek het my eerste dubbelbedduvet deur al die seisoene van Game of Thrones gehekel; die tweede deur Grey's Anatomy.” Die derde een deur die koronavirus, hoop hy. Hy is ook 'n gyselaar van die koronavirus, net soos al die ander sangers en akteurs en besigheids- mense. “Wat my baie bekommer, is die ekonomie van ons land. Mense met besighede gaan nie geld verdien nie. My vertonings is wel gekanselleer, maar ek kry nog 'n inkomste uit my radiowerk.” Sy sangloopbaan is ook nou op ys, die bekendstelling van sy sewende CD met die werkstitel Liefdeshart- aanval is uitgestel. “Ek het al reeds twee liefdeshartaanvalle gehad, dit is waarom ek gedurende die tydperk stoksielalleen is.” Die hertogin knor. “Behalwe vir my honde ...” Die CD, sê hy, het lekker popdans- treffers op. “Dit is vir my generasie. Die laat sewentigs, middel tagtigs babas.” Riaan word dié jaar veertig. Teen die einde van die jaar wanneer die koronavirus homself hopelik uitgewoed het. “Ek het nog nooit 'n verjaarsdagpartytjie gehou nie, maar veertig is anders. Dié een gaan groot wees.” En dan is daar ook Die Grafsteen- sangers. Vir die wat nog nie van die groep gehoor het nie; hulle is twaalf sangers wat die Briels herontdek het en cool gemaak het. Galge- humor, beter as wat die Britse reekse dit kan doen. “Ek wou nog altyd 'n lid van Die Grafsteensangers gewees het. Hulle is volgende jaar mondig – 21 jaar oud. Marelize Horn, een van die lede, het my verlede jaar gebel en genoem dat daar 'n 'pos' vir 'n grafgrawer beskikbaar is. Ek het vir 'n oudisie gegaan en die pos is vir my aangebied.” Die grafgrawer, redelik morbied. “Ek het 'n lekker swart humorsin en ek kan met die karakter maak net wat ek wil.” Vir nou, gaan hy hekel, bak (dit is darem iets wat hy kan doen, want hy is al gekroon as melktertkoning), en soggens deur die stil strate na Pretoria FM ry om luisteraars met sy ryk tenoorstem te vermaak. En nee, hy dink so 'n rukkie, ek het nie 'n hekel aan niemand of niks nie. Klik-klik hoor jy die naalde voordat sy skermbeeld verdwyn. Yolanda Barnard-Lemmer 4 AFRIKAANS