flink Flink April 2020 - Page 3

UITGAWE 33 | APRIL 2020 AFRIKAANS inhoud 4 Riaan Grobler hou van hekel 5 Laudo Liebenberg sit nie stil nie 6 Ja, daar is hoop! 8 Op ons voorblad: Susan Coetzer 12 Laurinda Hofmeyr skep musikale fantasieë 14 Albrecht Holm: Dis nou nog my tyd 16 Die Stoelmonument 18 Kunstenaars, Covid-19 en kreatiwiteit 20 Leandry Smith: 5 flieks op 13 21 E-boeke is die nuwe nou 22 Kultuurkalender 23 Resep op ons voorblad Susan Coetzer is bekend as skrywer, motiveringspreker en aktrise Redakteursbrief Wie sou nou ooit kon raai dat ons in 2020, die twintigste jaar in die 21ste eeu, weens 'n dodelike kiem by die huis moet bly? As iemand dit my vooraf sou vertel, sou ek uit ongeloof gelag het. Die Covid-19- pandemie of korona soos dit nou alombekendstaan is alles behalwe 'n grap en het ons almal se lewens omvergegooi. Buiten dat ons nou onder verpligte huisarres vir ons eie en ander se gesondheid móét bly, is goed wat ek meestal aan 'n hospitaal gekoppel het soos maskers en alkohol-gebaseerde-handwasmiddel nou deel van ons alledaagse bestaan. Vir my is die vreemdste gedagte dat almal in ons kompleks tuis is, maar jy sien byna nooit iemand nie. Jy hoor met tye wel mense praat en my seuntjie wat vir die maatjies langsaan oor die muur “hallo” sê. Vir so 'n klein mensie is Covid-19 nie iets wat hy kan verstaan nie, want ons as sy ouers sukkel self om dít ten volle te verstaan. Hy is ten minste darem nou goed geolie om sy handjies gereeld te was en vergewe my met tye as ek Dettol in sy badwater gooi. Om elke dag saam met my seuntjie en man deur te bring, is 'n seën. Ja, dit raak soms moeilik, maar ons is ook al goed geolie in die nuwe roetine. Ek het soveel meer waardering vir sy kleuterskoolonder- wyseres, ons huiswerker en ook die ander mense soos kassiere, petroljoggies, verpleegsters, dokters en selfs die media wat elke dag te midde van die virus steeds werk. Ek besef nou watter ongelooflike groot rol hulle daagliks in ons lewens verrig. Hulle is ontsettend waardevol. Seugnet van Zyl Mag julle hierdie uitgawe geniet in hierdie vreemde tyd. 'n e-pos Inhoud Advertensies Bnova Design cc seugnet@fak.org.za johan@fak.org.za Die FAK is 'n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat 'n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en ons trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder. Kontak ons: 012 301 1777 | fak@fak.org.za | www.fak.org.za AFRIKAANS 3