flink Flink April 2020 - Page 23

HASELNEUTBROSBROOD- VINGERS Landbou Boerekos – Die beste gebak. Skrywer: Arina du Plessis Lewer ongeveer 20 vingers. 250 ml koekmeel 3 ml bakpoeier 2 ml sout 1 x 200 g-pakkie haselneute, gerooster, skilletjies afgevryf en fyngekap 125 g sagte botter 80 ml suiker 1 eier 5 ml vanieljegeursel Versiering 100 g witsjokolade, gekap 25 ml vermicelli 25 ml botter 1 eiergeel, geklits sap van 1 suurlemoen 12,5 ml melk ham, in skyfies gesny hardgekookte eiers, in skyfies gesny pasteideeg (sien bl 112) Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 'n koekpan van 25 cm x 15 cm goed. Voer uit met bakpapier. Meng die meel, bakpoeier, sout en haselneute in 'n mengbak. Verroom die botter en suiker, en klop die eier en vanieljegeursel by. Voeg by die meelmengsel en meng goed. Druk die deeg in die voorbereide koekpan vas en bak vir ongeveer 15 minute tot gaar. Haal uit die oond, laat effens afkoel en sny in 20 vingers. Pak op 'n draadrak om verder af te koel. Vir die versiering: Smelt die sjokolade stadig oor lae hitte tot glad en doop een punt van elke brosbroodvinger daarin. Pak op 'n vel waspapier tot die sjokolade hard is. Bêre in 'n lugdigte houer. Bakresepte uit die gewildste kostydskrif, Landbou Boerekos. As jy al ooit jou ouma se verlore gemmerkoekie of skonresep gesoek het, dan het jy dit gevind! Dié boek bevat alles – groot laagkoeke, stroopkoeke, kaaskoeke, soutterte, kleinkoekies, beskuit, kolwyntjies, soet en soutbrode, warm poedings en Kersfeesgebak. Beslis 'n móét vir elke bakster, tuisteskepper én werkende ma. AFRIKAANS 23